St. James’ Park

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
St. James’ Park
Aerial view of St James Park - geograph.org.uk - 472327 (cropped).jpg
Ligging Newcastle, Engeland
Koördinate 54°58′32″N 1°37′18″W / 54.97556°N 1.62167°W / 54.97556; -1.62167Koördinate: 54°58′32″N 1°37′18″W / 54.97556°N 1.62167°W / 54.97556; -1.62167
Gebou 1997
Geopen 1892
Uitgebrei 1998-2000
Eienaar Newcastle United
Oppervlak Gras
Argitek TTH Argitekte
Tuisveld van Newcastle West End F.C. (1886-1892)
Newcastle United F.C. (1892-huidig)
Kapasiteit
52 405[1]
Dimensies
105 m x 68 m

St. James’ Park is ’n stadion in Newcastle upon Tyne in Engeland. Dit is die tuisveld van Newcastle United F.C. wat in die Premier League speel. Die stadion het sitplek vir 52 405 mense.[1]

St. James’ Park is sedert 1892 die tuisveld van Newcastle United en word sedert 1880 vir sokkerwedstryde aangewend.[2] Regdeur die geskiedenis van die stadion het die opgradering en uitbreiding daarvan konflik veroorsaak tussen plaaslike inwoners en die stadsraad.[3] Dit het in die laat 1960’s gelei tot twee voorstelle om die stadion te skuif[4][5] en ’n kontroversiële voorstel in 1995 om dit na die nabygeleë Leazes Park te verskuif. Die weiering om te skuif het gelei tot die kenmerkende onewewigtige voorkoms van die huidige stadion se asimmetriese paviljoene.[6]

Buiten klubsokker is St. James’ Park ook al gebruik vir internasionale sokker as deel van die Olimpiese Somerspele 2012[7] en internasionale rugby as deel van die Rugbywêreldbeker 2015. Tesame met professionele sokker het die stadion ook gasheer gespeel vir liefdadigheidsgebeure en konserte en was dit ook die stel vir realiteitstelevisie en rolprente.

Wedstryde[wysig | wysig bron]

Sokker[wysig | wysig bron]

Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte
18 Maart 1901 Vlag van Engeland Engeland 6–0 Vlag van Wallis Wallis British Home Championship
6 April 1907 Vlag van Engeland Engeland 1–1 Vlag van Skotland Skotland British Home Championship
15 November 1933 Vlag van Engeland Engeland 1–2 Vlag van Wallis Wallis British Home Championship
9 November 1938 Vlag van Engeland Engeland 4–0 Vlag van Noorweë Noorweë Vriendelik
10 Junie 1996 Vlag van Roemenië Roemenië 0–1 Vlag van Frankryk Frankryk UEFA Europa-beker 1996
13 Junie 1996 Vlag van Bulgarye Bulgarye 1–0 Vlag van Roemenië Roemenië UEFA Europa-beker 1996
18 Junie 1996 Vlag van Frankryk Frankryk 3–1 Vlag van Bulgarye Bulgarye UEFA Europa-beker 1996
5 September 2001 Vlag van Engeland Engeland 2–0 Vlag van Albanië Albanië FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002-kwalifisering
18 Augustus 2004 Vlag van Engeland Engeland 3–0 Vlag van Oekraïne Oekraïne Vriendelik
30 Maart 2005 Vlag van Engeland Engeland 2–0 Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006-kwalifisering
26 Julie 2012 Vlag van Meksiko Meksiko 0–0 Vlag van Suid-Korea Suid-Korea Olimpiese Somerspele 2012
26 Julie 2012 Vlag van Gaboen Gaboen 1–1 Vlag van Switserland Switserland Olimpiese Somerspele 2012
29 Julie 2012 Vlag van Japan Japan 1–0 Vlag van Marokko Marokko Olimpiese Somerspele 2012
29 Julie 2012 Vlag van Spanje Spanje 0–1 Vlag van Honduras Honduras Olimpiese Somerspele 2012
1 Augustus 2012 Vlag van Brasilië Brasilië 3–0 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Olimpiese Somerspele 2012
4 Augustus 2012 Vlag van Brasilië Brasilië 3–2 Vlag van Honduras Honduras Olimpiese Somerspele 2012

Rugbywêreldbeker 2015[wysig | wysig bron]

Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2015.
Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
3 Oktober 2015 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 34–16 Vlag van Skotland Skotland Groep B 50 900
9 Oktober 2015 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 47–9 Vlag van Tonga Tonga Groep C 50 985
10 Oktober 2015 Vlag van Samoa Samoa 33–36 Vlag van Skotland Skotland Groep B 51 982

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 (en) Premierliga Handboek Seisoen 2013/14”. (PDF) Premierliga. URL besoek op 17 Augustus 2013.
  2. (en) Newcastle United official site Stadium Information page
  3. (en) Newcastle United amptelike webblad St. James’ Park Storie, deel 1
  4. (en) Newcastle United amptelike webblad St. James’ Park Storie, deel 2
  5. (en) toonarama.co.uk 1970–17-seisoen, ‘Stadia’
  6. (en) worldstadia.com St. James’ Park-oorsig Lugfoto van die stadion en algemene inligting.
  7. 2012 Amptelike webblad Sokkerstadions, URL besoek op 15 April 2008