Garnet Wolseley

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Garnet Wolseley
4 Junie 1833 – 25 Maart 1913 (79 jaar oud)
Garnet Wolseley
Geboorteplek Golden Bridge, Dublin, Ierland
Plek van afsterwe Menton, Frankryk
Lojaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Diens/Tak Flag of the British Army.svg Britse leër
Jare in diens 1852–1900
Rang Veldmaarskalk
Eenheid Kwartiermeester-generaal van die magte
Adjudant-generaal van die magte
Hoof-Bevelvoerder in Ierland
Hoof-Bevelvoerder van die magte
Hoof-Kolonel van die koniklike Ierse Regiment
Veldslae/oorloë Tweede Birmaanse Oorlog

Krimoorlog

  • Beleg van Sewastopol

Indiese rebellie

  • Beleg van Lucknow
  • Inname van Lucknow

Tweede Opiumoorlog

  • Derde Slag van Taku Forts

Fenian strooptogte
Red River Rebellie
Derde Anglo-Ashanti Oorlog
Anglo-Zoeloe-oorlog
1882 Anglo-Egiptiese Oorlog

  • Slag van Tel-el-Kebir

Mahdiste-oorlog

  • Nyl-ekspedisie
Toekennings Knight of the Order of St Patrick
Member of the Order of Merit
Knight Grand Cross of the Order of the Bath
Knight Grand Cross of the Order of St Michael and St George
Volunteer Decoration
Ander werk Goewerneur van die Goue Kus
Goewerneur van Natal en Transvaal

Garnet Joseph Wolseley (4 Junie 183325 Maart 1913) was 'n Britse Veldmaarskalk en Burggraaf wat in Ierland gebore is. Hy sluit op negentienjarige ouderdom by die Britse Leër aan. In 1873 was hy in bevel van 'n ekspedisie teen die Asjantis aan die weskus van Afrika. In 1875 is hy as generaal in bevelvoerende hoedanigheid in Natal gestasioneer. Hy word na Ciprus verplaas as eerste administrateur maar word na Suid-Afrika teruggeroep om lord Chelmsford te vervang na dié se neerlae in die Anglo-Zoeloe-oorlog. Hy beëndig die oorlog en neem Cetshwayo gevange. Daarna word hy as Goewerneur van Natal aangestel en hy stel 'n nuwe regeringstelsel in in Zoeloeland.

Ná die eerste anneksering van Transvaal deur Engeland word hy as Goewerneur aangestel. Hy beëindig die langdurige Sekhukhune-oorlog en stel 'n nuwe grondwet in vir Transvaal as Kroonkolonie. Hy keer terug na Engeland en speel 'n vername rol in die hervorming van die Britse Leër. Van 1895 tot 1899 is hy die opperbevelhebber van die Britse Leër. Hy skryf ook 'n aantal boeke insluitend die biografie van die Hertog van Marlborough. Hy is in 1913 in Menton aan die Franse Riviera oorlede.

Die dorp Wolseley in die Wes-Kaap is na hom vernoem.

Bron[wysig | wysig bron]