Shanxi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Moenie verwar word met die aangrensende provinsie Shaanxi nie.
Shanxi se ligging in die Volksrepubliek China

Shanxi (Chinees: 山西 pinyin: Shānxī ) is 'n provinsie in die sentraal-noorde van die Volksrepubliek China.

Die een-karakter afkorting is "晋" (pinyin: Jin), na die staat van Jin wat gedurende die lente en herfstydperk hier bestaan het. In 2010 het die bevolking 37 327 378 getel. Die hoofstad en grootste stad is Taiyuan.

Die naam Sjansi beteken "wes van die berge", 'n verwysing na plek wes van die Taihangberge op die provinsie se grens. Shanxi grens aan Hebei in die ooste, Henan in die suide, Shaanxi in die weste en Binne-Mongolië in die noorde en bestaan hoofsaaklik uit 'n plato gedeeltelik begrens deur bergreekse.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]