Gemaskerde koetsier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Gemaskerde koetsier
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Chaetodontidae
Genus: Heniochus
Spesie: H. monoceros
Binomiale naam
Heniochus monoceros
Cuvier, 1831

Die Gemaskerde koetsier (Heniochus monoceros) is 'n vis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan asook die ooskus van Afrika suidwaarts tot die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Masked coachman.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 23cm lank. Die kop is steil en die dorsalevin se filament is kort. Die vis se lyf is wit, die agterste gedeelte is geel terwyl daar in die middel van die lyf 'n breë, swart vertikale band is wat taps is na die rugkant. Die gesig is swart en die boonste gedeelte van die kop is geel. Die onvolwasse vissies lyk net soos die volwasse visse.

Hulle leef in aflandige koraalriwwe in water wat 2 tot 25m diep is. Hier word hulle gevind naby grotte en skeure in die rif. Die vis vreet bodem ongewerweldes.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3