Groblersdal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Groblersdal
Ligging van Groblersdal op 'n kaart (Limpopo)
Groblersdal
Groblersdal
Koördinate: 25°9′S 29°23′O Koördinate: 25°9′S 29°23′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Limpopo
Distriksmunisipaliteit Sekhukhune
Plaaslike Munisipaliteit Elias Motsoaledi
Oppervlak
 - Dorp 5,79 km²  (2,2 vk m)
Bevolking (2011)
 - Dorp 4 329
 - Digtheid 750/km² (1 942,5/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 0470
Skakelkode(s) 013
Vernoem na W.J. Grobler

Groblersdal is 'n dorp in die Limpopoprovinsie (en was voorheen in Mpumalanga), in Suid-Afrika. Die dorp is tussen Damwal en Marble Hall. Die N11 nasionale pad gaan deur Groblersdal. Volgens die 2011-sensus het Groblersdal 'n bevolking van 4 329 gehad[1]

Geskiedenis[wysig]

Die dorp het sy ontstaan te danke aan die besproeiingskema by Loskopdam, 32 km suid van die dorp. Die dorp is uitgelê op die plaas Klipbank van WJ Grobler en na die eienaar vernoem. Die dorp is in 1938 geproklameer toe die besproeiingskema voltooi is. Munisipale status is in 1952 toegeken.

Loskopdam Besproeiingskema[wysig]

Die eerste uitvoerbaarheidstudie is reeds in 1905 geloods. Die dam is vernoem na die plaas Loskop wat verwys na die alleenstaande koppie in die oop veld wat slegs sigbaar is as die dam se watervlak aansienlik gedaal het. Die dam is 48 km vanaf Middelburg. Die projek is in 1938 voltooi tesame met twee kanale van 148 km. Dit is die grootste besproeiingskema naas die Vaalharts-besproeiingskema. 'n Area van 12 755 ha is opsy gesit om die dam as 'n natuurreservaat. Daar is ook 'n vakansieoord by die dam.

Gewasse wat onder besproeiing gekweek word is: katoen, sonneblomsaad, grondbone, mielies, koring, lusern, tabak, groente en sitrus.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 2011-sensus (Groblersdal)