Hoektand-tuna

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Hoektand-tuna
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Scombridae
Genus: Gymnosarda
Spesie: G. unicolor
Binomiale naam
Gymnosarda unicolor
(Rüppell, 1836)

Die Hoektand-tuna (Gymnosarda unicolor) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Dogtooth tuna.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 180 cm lank. Dit het 'n robuuste, silwer lyf en die bek is vol slagtande. Die punte van die agterste dorsale- en analevinne is wit. Die sylyn staan uit.

Hulle besoek gereeld die dieper gedeeltes van strandmere, steil kanale en die buitenste hellings van riwwe in water wat 1 tot 60m diep is. Hulle is alleenlopers of kom in klein groepies voor. Dit is 'n roofvis en raar in Suid-Afrikaanse waters. Hulle jag graag die piesangvisse.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]