Bhojpuri
Bhojpuri 𑂦𑂷𑂔𑂣𑂳𑂩𑂲 | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˈbʱoːdʒpʊriː] | |
Gepraat in: | Fidji Indië Mauritius Nepal Suid-Afrika | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 40 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Oos-Indo-Aries Bihari Bhojpuri | |
Skrifstelsel: | Kaithi | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Fidji (as Fidjiaanse Hindi) Indië | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | bho | |
ISO 639-3: | bho | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Bhojpuri (𑂦𑂷𑂔𑂣𑂳𑂩𑂲, Indo-Ariese taal wat deur sowat 40 miljoen mense in Noord-Indië, Mauritius en Nepal gepraat word. Dit word hoofsaaklik in die Indiese deelstate Uttar Pradesh, Bihar en Jharkhand asook in Guyana, Mauritius, Suriname en Fidji gepraat. Bhojpuri word in Kaithi en Tirhuta geskryf, twee Brahmi-skrifte uit die Indiese skriffamilie, asook in Nastaliq, 'n Perso-Arabiese skrif.
) is 'nBhojpuri behoort tot die Bihari-tale, d.w.s. tale wat nou verwant is aan Hindi en soms as dialekte van dié taal beskou word. Die Bihari-tale vorm 'n dialekkontinuum wat 'n presiese afbakening van enkele tale moeilik maak. Sedert Maart 2018 is Maithili een van die Indiese deelstaat Jharkhand se ampstale.[2] Aangesien alle inheemse moedertale van Nepal as nasionale tale erken word, dien Bhojpuri as een van Nepal se baie nasionale tale.
Bhojpuri word ook in Pakistan, Jamaika, Belize, dele van die Karibiese gebied en Suid-Afrika gepraat. Karibiese Hindoestani én Fidjiaanse Hindi het uit beide Awadhi en Bhojpuri ontwikkel. Fidjiaanse Hindi dien saam met Engels en Fidjiaans as die ampstale van die eilandnasie Fidji.[3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Bhojpuri". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2020. Besoek op 21 Augustus 2020.
- ↑ (en) "Jharkhand gives second language status to Magahi, Angika, Bhojpuri and Maithili". Avenue Mail. 21 Maart 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 21 Augustus 2020.
- ↑ (en) Dr. A. Tschentscher, LL. M. "Section 4 of Fiji Constitution". www.servat.unibe.ch. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020. Besoek op 21 Augustus 2020.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bhojpuri.