Jabir ibn Hayyan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jabir Ibn Hayyan
Jabir ibn Hayyan.jpg
15de eeuse portret van Jabir Ibn Hayyan

Geboortenaam Abu Musa Jabir Ibn Hayyan
Gebore ca. 721
Tus, Omajjadiese Kalifaat[1]
Oorlede ca. 815
Nasionaliteit Arabies[2][3][4] of Persies
Vakgebied Alchemie en chemie, sterrekunde, astrologie, geneeskunde en aptekerswese, filosofie, fisika, filantroop
Bekend vir Kitab al-Kimya, Kitab al-Sab'een, Boek van die Koninkryk, Boek van die Saldo's, Boek van Oos-Mercurius

Abu Musa Jabir Ibn Hayyan (721? Tus (Iran) – 815) Al-Kufa (nou: Irak)) word as die grootste alchemis van die Islamitiese wêreld beskou. Sy werk word selfs deur sommige as die begin van die chemie beskou, daar is egter ook geleerdes wie selfs oortuig is dat hy nooit bestaan het nie en dat agter sy naam ‘n groep anonieme alchemiste skuil. Daar is meer as duisend geskrifte wat aan Jabir toegeskryf word, maar die meeste verraai dat hulle baie later geskryf is met terme wat uit 9de eeuse Grieks vertaal is of terme waarvan geleerdes vermoed dat hulle van die Isma’ili-sekte afkomstig is.

Jabir se pa kom van Khorasan is in die ooste van Iran en was n Sji’a-aanhanger en ‘n apoteker. Hy ondersteun die magtige Abbasidiese dinastie. Jabir raak omtrent 750 bekend met die wisier van die Abbasidiese nadat hulle die mag gegryp en die kalifaat van die Omajjade oorgeneem het. Jabir kom hierdeur aan die hof van Haroen-al-rasjied.

Die meeste boeke van Jabir betref die alchemie, maar daar is tekste oor vele ander goeters soos medisyne wiskunde, magie, musiek en filosofie. Die belangrikste boeke is die Kitab-al-sabin ("die sewentig boeke") en die Kitab al-mizan ("die boek van die skale").[5]

Hoewel hy ‘n mistikus en Soefi was, beklemtoon hy die belang van sistematiese eksperimentele werk. Hy het talle metodes, glaswerk en chemiese stowwe ontdek en ontwikkel wat vandag nog as onderdeel van die chemie beskou word, soos:

Hy het ook begin om stowwe te kategoriseer. Daar was ‘geeste’ wat gedistilleer kon word, ‘stene’ wat gepoeier kon word en metale wat nie gepoeier of gedistilleer kon word nie.[6]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Tus, V. Minorsky, The Encyclopaedia of Islam, Vol. X, ed. P.J. Bearman, T. Bianquis, C.E. Bosworth, E. van Donzel and W.P. Heinrichs, (Brill, 2000), 741.
  2. (en) Kraus, P. (1962). "Djābir B. Ḥayyān". Encyclopaedia of Islam (2nd) 2. Brill Academic Publishers. 357–359. 
  3. (en) Holmyard, Eric John, "Introduction" to The Works of Geber, translated by Richard Russell (London: Dent, 1928), bl. vii
  4. (en) https://archive.org/details/WorksOfGeber
  5. Dictionary of World Biography: The Middle Ages, Deel 2, Christina J. Moose, Routledge, 1998, ISBN 1-57958-041-6, ISBN 978-1-57958-041-4
  6. nku.edu.