Joe Foster

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Joe Foster
GeboortenaamJohan Vorster[1]
Beroep(e)Sanger, liedjieskrywer, vervaardiger
Genre(s)Ligte Afrikaanse musiek, popmusiek
Webwerfjoefoster.co.za
AssosiasiesADAM[2][3]
Portal.svg Musiekportaal

Joe Foster (gebore Johan Vorster) is 'n Suid-Afrikaanse liedjieskrywer, solosanger en voormalige lid van die mansgroep ADAM.[2] Hy het verskeie trefferliedjies soos "Gebore om jou lief te hê", "Hartklop" en "Hart se volkslied" geskryf. Hy tree gereeld by musiekfeeste op en het onder andere by die Huisgenoot-Skouspel opgetree.

Biografie[wysig | wysig bron]

Foster het reeds op agtjarige ouderdom in musiek begin belangstel. Op 13 skryf hy sy eerste liedjie en op 19 is sy eerste album, "Invisble Destiny" opgeneem (nie meer beskikbaar is nie). Na die opname van "Invisble Destiny" het hy 'n kwalifikasie in musiekvervaardiging en klankingenieurswese aan die SAE Technology College in Amsterdam in die Nederland verwerf. Met sy terugkeer het hy sy eie ateljee en platemaatskappy begin en het voltyds as 'n musiekvervaardiger gewerk, onder andere aan albums soos die van Karen Wessels se "Hoe Durf Jy".

In 2010 sluit hy as 'n voltydse lid van die groep ADAM aan. In November 2013 stel hy sy debuut-enkelsnit met die naam, "Pad Na Jou Hart" vry. Dit is die temalied van die gelyknamige rolprent, Pad na jou hart, waarin hy ook as akteur verskyn.

Persoonlike lewe[wysig | wysig bron]

Foster is gay en is verloof aan Ziechfried Paul.[4][5]

Diskografie[wysig | wysig bron]

  • 2015: Hartklank
  • 2018: Volgende Stap

Filmografie[wysig | wysig bron]

TV-reekse[wysig | wysig bron]

  • 2014: Binneland (as homself)

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Joe Foster praat oor sy hartseer en besielende Kersfees langs die kus. Huisgenoot (24 Desember 2016). URL besoek op 27 November 2017.
  2. 2,0 2,1 Joe Foster se nuwe enkelsnit is uitgereik. Sterre.co.za. URL besoek op 24 November 2017.
  3. Joe Foster gesels oor lewe ná ADAM. Sarie (27 Mei 2014). URL besoek op 27 November 2017.
  4. "KYK: Joe Foster is verloof!". Jacaranda FM. 26 Desember 2018. Besoek op 11 November 2019.
  5. "EKSKLUSIEF: Joe Foster verklap meer oor troue en nuwe musiek". Jacaranda FM. 15 Mei 2019. Besoek op 11 November 2019.

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Musiekvideo's[wysig | wysig bron]