Kanferboom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kanferboom
'n Ou kanferboom in Japan (geskatte ouderdom: ouer as 1 000 jaar)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Magnoliids
Orde: Laurales
Familie: Lauraceae
Genus: Cinnamomum
Spesie: Cinnamomum camphora
Binomiale naam
Cinnamomum camphora
(L.) J.Presl.

Die Kanferboom (Cinnamomum camphora) is 'n boom wat in Suid-Afrika genaturaliseer geraak het.

Cinnamomum camphora is afkomstig vanaf Sjina suid van die Yangtzerivier, Taiwan, suidelike Japan, Korea en Viëtnam, maar is ook in baie lande gevestig.[1] In Suid-Afrika word die boom aangetref vanaf Port St. Johns, langs die Wildekus, tot in Mpumalanga.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die kanferboom is 'n groot immergroen boom wat 20–30 m hoog kan groei.[1] Die blare het 'n blink, wasagtige voorkoms en ruik na kanfer indien gekneus word. In die lente dra die boom heldergroen blare met massas klein wit blommetjies. Dit produseer swart trosse bessie-agtige vrugte van ongeveer 10 mm in diameter. Die boom het 'n vaal, growwe bas.

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Cinnamomum camphora”. Flora of China. Missouri Botanical Garden, St. Louis, MO & Harvard University Herbaria, Cambridge, MA. URL besoek op 27 Maart 2013.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.