Gaan na inhoud

Laingsburgtolbos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Laingsburgtolbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Leucadendron
Spesie:
L. osbornei
Binomiale naam
Leucadendron osbornei
Rourke, (1997)

Die Laingsburgtolbos (Leucadendron osbornei) is 'n blomdraende struik of klein boompie wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap waar dit op die Elandsberg, Anysberg, Touwsberg en Matjiesgoedberg in die Klein Karoo voorkom.

Die struik word 3 m hoog en blom in Oktober. Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond na 'n brand waar dit deur die wind versprei word; die sade het klein vlerkies. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur klein kewers bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in sanderige grond op hoogtes van 800 - 1 600 m.

In Engels staan dit as die Laingsburg conebush bekend. Die plant se FSA-nommer is 81.7[1].

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]

Bronnelys

[wysig | wysig bron]