Magaliesberg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Topografie van die Magaliesberg en Pilanesberg
Hamerkopkloof in die Magaliesberg
Tonquanikloof in die Magaliesberg
Hamerkopkloof

Die Magaliesberg is 'n bergreeks wat van Pretoria in die noorde van Gauteng tot suid van Pilanesberg, in die Noordwesprovinsie, strek. Die bergreeks is ongeveer 120 km lank. Die hoogste punt van die bergreeks is by Nooitgedacht, 1 852 meter bo seespieël, maar slegs 300 m bo die omliggende vlakte. Die Hartbeespoortdam, Buffelspoortdam en Olifantsnekdam is in die Magaliesberg geleë. Byna die hele berg is tot 'n natuurreservaat verklaar.

Flora[wysig | wysig bron]

Die olyfgroen vingertjie (Frithia pulchra) is 'n dwergplantjie uit die vygiefamilie wat endemies aan die gebied is.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Koördinate: 25°51′30″S 27°31′48″O / 25.8583°S 27.530°O / -25.8583; 27.530