Hoëveld

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hoëveld
Ekostreek
AT1009 map.png
WWF-kode AT1009
Bioom Berggrasveld en -struikveld
Ekosone Afrotropiese gebied
Floraryk Paleotropis
Oppervlakte   186 220  km²
Beskerm  %
Die hoëveld in die winter oor Gauteng, net noord van Johannesburg.
Die hoëveld in die winter oor Gauteng, net noord van Johannesburg.
Portaal  Portaalicoon   Biologie

Die Hoëveld is 'n streek wat hoofsaaklik oor Gauteng en die Vrystaat in Suid-Afrika strek. Dit word ook deur die WWF as ekostreek erken. [1]

Die streek lê op die hoërliggende plato in die binneland (1500 m – 2100 m bo seevlak). Die hoëveld strek vanaf die Drakensberg-plato tot die ooste van Johannesburg, en geleidelik skuins afwaarts na die weste en suid-weste, sowel as na die noorde in die Limpopo.

Hierdie hoër koeler gebied word gekenmerk deur sy plat of redelik sag glooiende terrein, uitgestrekte grasvelde en 'n tropiese of subtropiese klimaat. In sommige gebiede is daar 'n duidelike platorand aan die kante, soos by God's Window, maar dis nie orals voor die hand liggend waar die streek begin of ophou nie.

Blesbokke en sebras is van die groot antilope wat aanvanklik in groot getalle hier rondgeswerf het. Tans is daar steeds 'n aansienlike bevolking springbokke in sommige gebiede.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]