Michael Collins

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Michael Collins
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Collins in Julie 1969

Geboortenaam Michael Collins
Gebore (1930-10-31)31 Oktober 1930
Rome, Italië
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Beroep ruimtevaarder
Ander poste, ampte toetsvlieënier
Bekend vir deel van die eerste maanlanding
Michael Collins Signature.svg

Michael Collins (31 Oktober 1930 – ) is 'n voormalige Amerikaanse ruimtevaarder en toetsvlieënier. Hy was deel van die derde groep ruimtevaarders van veertien wat in 1963 verkies is. Hy was deel van twee ruimtesendings. Hy en John W. Young was die bemanning vir Gemini 10; deel van die missie was om met twee verskillende ruimtetuie te dok en Collins het ook twee ruimte wandelings onderneem. Vir sy tweede vlug was hy deel van Apollo 11 waar hy die bevelvoerder van die beheermodule was. Hy het om die maan bly wentel terwyl Neil Armstrong en Buzz Aldrin in die maanmodule vir die eerste keer op die maan geland het. Hy is een van 24 persone wat na die maan gevlieg het.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.