Arabiese See

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Arabiese See
Locatie Arabische Zee.PNG
Ligging van die Arabiese See
Arabian Sea map.png
Kaart van die Arabiese See
Koördinate: 18°N 66°O / 18°N 66°O / 18; 66Koördinate: 18°N 66°O / 18°N 66°O / 18; 66
Ligging: Indië, Iran, Jemen, Maledive, Oman, Pakistan, Somalië
Soort: See van die Indiese Oseaan
Oppervlakte: 3 862 000 km² (1 491 000 myl²)
Maksimum diepte: 4 652 meter (15 262 voet)
Breedte: 2 400 km (1 500 myl)
Invloei: Indus
Eiland/e: Maledive en Sokotra
Nedersettings: Karatsji, Pakistan
Moembaai, Indië

Die Arabiese See (Arabies: حر العرب Baḥr al 'Arab, Persies: دریای عرب, Oerdoe: بحیرہ عرب, Sanskrit: सिन्धू सागर Sindhusagaraha, letterlike betekenis: See van Sindh) is die see tussen Indië en Arabië.[1] Dit is deel van die Indiese Oseaan en word deur Somalië, Jemen, Oman, Iran, Pakistan, Indië en die Maledive omring. Die oppervlakte daarvan is ongeveer 3 862 000 km² en die maksimum diepte is ongeveer 5 000 meter.

Die Arabiese See word deur die eilande Sokotra en Maledive van die res van die Indiese Oseaan geskei. Dit het twee randseë: Die Golf van Aden, wat hierdie see met die Rooisee verbind, en die Golf van Oman, wat dit met die Persiese Golf verbind.

Groot stede aan die see is Karatsji en Moembaai en die belangrikste rivier wat in die see uitmond is die Indus.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]