T20I-wêreldbeker 2016

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
T20I-wêreldbeker 2016
T20I-wêreldbeker 2016.svg
Kenteken van die T20I-wêreldbeker 2016
Datums 8 Maart – 3 April
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Twintig20 (T20I)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Indië Indië
Kampioen Vlag van Wes-Indië Wes-Indië (2de titel)
Naaswenner Vlag van Engeland Engeland
Deelnemers 16
Wedstryde gespeel 35
Speler van die reeks Vlag van Indië Virat Kohli
Meeste lopies Vlag van Bangladesj Tamim Iqbal (295)[1]
Meeste paaltjies Vlag van Afghanistan Mohammad Nabi (12)[2]
2014
2021

Die T20I-wêreldbeker 2016 (Engels: 2016 ICC World Twenty20) het van 8 Maart tot en met 3 April 2016 in Indië plaasgevind. Dit was die sesde T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Destyds is na dié toernooi as Wêreldtwintig20 2016 verwys, maar sedert die 2021-toernooi staan dit as T20I-wêreldbeker bekend. Die manstoernooi is gelyktydig met die vrouetoernooi gehou en beide die halfeindrondte en die eindstryde van albei toernooie is op dieselfde dag op dieselfde stadions gespeel. Ná die 2012-toernooi in Sri Lanka en die 2014-toernooi in Bangladesj was dit die derde agtereenvolgende T20I-wêreldbekertoernooi in ’n Asiatiese land.

16 nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2016 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die wenners van die kwalifisering Afghanistan, Hongkong, Ierland, Nederland, Oman en Skotland. Die agt beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 30 April 2014 het aan die Super Tien deelgeneem, terwyl die laer geplaasde spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het. Die agt spanne wat aan die eerste rondte deelgeneem het, is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die beste span van elke groep het hierna vir die Super Tien gekwalifiseer. In die Super Tien is die spanne in twee groepe van vyf spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners van hierdie wedstryde in die eindstryd ontmoet het.

Engeland, Indië, Nieu-Seeland en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Nieu-Seeland en Wes-Indië het Indië geklop, waardeur vir die tweede keer in dié toernooi se geskiedenis geen Suid-Asiatiese span die eindstryd gehaal het nie. Wes-Indië het Engeland in die eindstryd op Eden Gardens in Kolkata met vier paaltjies verslaan en sodoende die eerste span geword om twee T20I-wêreldbekertitels in te palm. Daarbenewens het Wes-Indië die eerste krieketnasie geword wat die T20I-wêreldbeker vir beide mans en vroue op dieselfde dag gewen het, nadat die vrouespan onmiddellik voor die mansspan die verdedigende kampioen Australië geklop het. Die verdedigende kampioen Sri Lanka en Suid-Afrika is in die Super Tien uitgeskakel.

Toewysing[wysig | wysig bron]

Die Internasionale Krieketraad het Indië as gasheer vir die T20I-wêreldbeker 2016 aangewys.

Deelnemers[wysig | wysig bron]

Die volgende 16 spanne het vir die T20I-wêreldbeker 2016 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië (gasheer), Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die T20I-wêreldbeker 2016 gekwalifiseer. Afghanistan, Hongkong, Ierland, Nederland, Oman en Skotland het as wenners van die kwalifisering vir dié toernooi gekwalifiseer. Oman het vir die eerste keer aan ’n internasionale kriekettoernooi deelgeneem.[3] Die agt beste volle lede op die IKR se T20I-ranglys soos op 30 April 2014 het regstreeks tot die Super Tien gevorder, terwyl die oorblywende agt spanne aan die eerste rondte deelgeneem het.[4]

Uitslag van die T20I-wêreldbeker 2016
Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Vlag van Indië Indië Gasheer Sesde 2014 Kampioen (2007)
Vlag van Australië Australië Volle lede Sesde 2014 Naaswenner (2010)
Vlag van Bangladesj Bangladesj Sesde 2014 Hoofrondte (2007, 2014)
Vlag van Engeland Engeland Sesde 2014 Kampioen (2010)
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Sesde 2014 Halfeindrondte (2007)
Vlag van Pakistan Pakistan Sesde 2014 Kampioen (2009)
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka Sesde 2014 Kampioen (2014)
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Sesde 2014 Halfeindrondte (2009, 2014)
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië Sesde 2014 Kampioen (2012)
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe Vyfde 2014 Super Tien (2014)
Vlag van Afghanistan Afghanistan T20I-wêreldbekerkwalifisering in 2015 Vierde 2014 Eerste rondte (2010, 2012, 2014)
Vlag van Hongkong Hongkong Tweede 2014 Eerste rondte (2014)
Vlag van Ierland Ierland Vyfde 2014 Super Agt (2009)
Vlag van Nederland Nederland Derde 2014 Super Tien (2014)
Vlag van Oman Oman Eerste Debuut
Vlag van Skotland Skotland Derde 2009 Eerste rondte (2007, 2009)

Stadions[wysig | wysig bron]

Tydens die toernooi is sewe Indiese stadions ingespan. Altesaam 35 wedstryde is tydens die T20I-wêreldbeker 2016 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en een eindstryd.

Bangalore Kolkata Dharamshala
M. Chinnaswamy-stadion Eden Gardens HPCA-stadion
12°58′43.7″N 77°35′58.4″O / 12.978806°N 77.599556°O / 12.978806; 77.599556 (M. Chinnaswamy-stadion) 22°33′52″N 88°20′36″O / 22.56444°N 88.34333°O / 22.56444; 88.34333 (Eden Gardens) 32°11′51.6″N 76°19′33.6″O / 32.197667°N 76.326000°O / 32.197667; 76.326000 (HPCA-stadion)
Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 66 349
MChinnaswamy-Stadium.jpg Eden Gardens.jpg Dharamshala stadium,himachal pradesh.jpg
Mohali Mumbai
Inderjit Singh Bindra Wankhedestadion
30°41′27.09″N 76°44′14.13″O / 30.6908583°N 76.7372583°O / 30.6908583; 76.7372583 (Inderjit Singh Bindra) 18°56′20.1″N 72°49′32.6″O / 18.938917°N 72.825722°O / 18.938917; 72.825722 (Wankhedestadion)
Kapasiteit: 26 950 Kapasiteit: 32 000
LightsMohali.png Wankhede Stadium Feb2011.jpg
Nagpur Nieu-Delhi
VCA-stadion Feroz Shah Kotla
21°00′48.86″N 79°02′22.57″O / 21.0135722°N 79.0396028°O / 21.0135722; 79.0396028 (VCA-stadion) 28°38′16″N 77°14′35″O / 28.63778°N 77.24306°O / 28.63778; 77.24306 (Feroz Shah Kotla)
Kapasiteit: 45 000 Kapasiteit: 40 715
VCA Jamtha 1.JPG Feroz Shah Kotla - WI vs RSA03.jpg

Wedstryde[wysig | wysig bron]

In twee groepe van vier spanne elk het elke span een keer teen al die ander spanne wedstryde gespeel; vir ’n oorwinning is vier punte, terwyl vir ’n gelykop of onbeslis twee punte toegeken is. Die beste span van elke groep het vir die Super Tien gekwalifiseer. In die Super Tien het die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder, waarvan albei wenners in die eindstryd ontmoet is. Altesaam 35 wedstryde is gespeel, waarvan 32 tydens die groepfase en die Super Tien en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd.

Eerste rondte[wysig | wysig bron]

Groep A[wysig | wysig bron]

Span Wed Wen Ver Onb LT Pte
Vlag van Bangladesj Bangladesj 3 2 0 1 +1.938 5
Vlag van Nederland Nederland 3 1 1 1 +0.154 3
Vlag van Oman Oman 3 1 1 1 −0.685 3
Vlag van Ierland Ierland 3 0 2 1 −0.685 1
9 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Bangladesj Bangladesj
153/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Nederland Nederland
145/7 (20 boulbeurte)
Tamim Iqbal 83* (58)
Timm van der Gugten 3/21 (4 boulbeurte)
Peter Borren 29 (28)
Al-Amin Hossain 2/24 (3 boulbeurte)
Bangladesj wen met agt lopies
HPCA-stadion, Dharamshala
Skeidsregters: Sundaram Ravi (Ind) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Tamim Iqbal (Ban)
  • Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
9 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Ierland Ierland
154/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Oman Oman
157/8 (19.4 boulbeurte)
Gary Wilson 38 (34)
Munis Ansari 3/37 (4 boulbeurte)
Zeeshan Maqsood 38 (33)
Andy McBrine 2/15 (3 boulbeurte)
Oman wen met twee paaltjies
HPCA-stadion, Dharamshala
Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Amir Ali (Oma)
  • Ierland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Dit is Oman se eerste T20I-wêreldbekeroorwinning.[5]
11 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
t
Onbeslis
HPCA-stadion, Dharamshala
Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Sundaram Ravi (Ind)
  • Oman het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Wedstryd afgelas weens reën.
  • Nederland is hiermee uit die toernooi geskakel.[6]
11 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Bangladesj Bangladesj
94/2 (8 boulbeurte)
t
Tamim Iqbal 47 (26)
George Dockrell 1/18 (2 boulbeurte)
Onbeslis
HPCA-stadion, Dharamshala
Skeidsregters: Nigel Llong (Eng) en Rod Tucker (Aus)
  • Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot twaalf boulbeurte per span.
  • Ná verdere reën is die wedstryd tydens Bangladesj se kolfbeurt afgelas.
  • Ierland is hiermee uit die toernooi geskakel.[7]
13 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Nederland Nederland
59/5 (6 boulbeurte)
t
Vlag van Ierland Ierland
47/7 (6 boulbeurte)
Stephan Myburgh 27 (18)
George Dockrell 3/7 (2 boulbeurte)
Paul Stirling 15 (7)
Paul van Meekeren 4/11 (2 boulbeurte)
Nederland wen met twaalf lopies
HPCA-stadion, Dharamshala
Skeidsregters: Nigel Llong (Eng) en Sundaram Ravi (Ind)
Speler van die wedstryd: Paul van Meekeren (Ned)
  • Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot ses boulbeurte per span.
13 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Bangladesj Bangladesj
180/2 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Oman Oman
65/9 (12 boulbeurte)
Tamim Iqbal 103* (63)
Khawar Ali 1/24 (3 boulbeurte)
Jatinder Singh 25 (20)
Shakib Al Hasan 4/15 (3 boulbeurte)
Bangladesj wen met 54 lopies (DLS-metode)
HPCA-stadion, Dharamshala
Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Tamim Iqbal (Ban)
  • Oman het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Duckworth-Lewis-Stern-metode hersien teiken om te wen: 120 lopies in twaalf boulbeurte vir Oman.
  • Tamim Iqbal word die eerste Bengaalse speler en die 18de algeheel wat ’n T20I-honderdtal slaan.[8] Hy word ook die eerste Bengaalse kolwer en die 25ste algeheel wat die mylpaal van 1000 T20I-lopies bereik.[9][10]
  • Bangladesj vorder hiermee tot die Super Tien.[11]
  • Oman is hiermee uit die toernooi geskakel.[11]

Groep B[wysig | wysig bron]

Span Wed Wen Ver Onb LT Pte
Vlag van Afghanistan Afghanistan 3 3 0 0 +1.540 6
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 3 2 1 0 −0.567 4
Vlag van Skotland Skotland 3 1 2 0 −0.132 2
Vlag van Hongkong Hongkong 3 0 3 0 −1.017 0
8 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
158/8 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Hongkong Hongkong
144/6 (20 boulbeurte)
Vusi Sibanda 59 (46)
Tanwir Afzal 2/19 (4 boulbeurte)
Jamie Atkinson 53 (44)
Donald Tiripano 2/27 (4 boulbeurte)
Zimbabwe wen met 14 lopies
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Ian Gould (Eng)
Speler van die wedstryd: Vusi Sibanda (Zim)
  • Hongkong het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Ryan Campbell (HK) word op 44 jaar en 30 dae die oudste speler wat sy T20I-debuut maak.[12]
8 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Afghanistan Afghanistan
170/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Skotland Skotland
156/5 (20 boulbeurte)
Mohammad Shahzad 61 (39)
Alasdair Evans 1/24 (4 boulbeurte)
George Munsey 41 (29)
Rashid Khan 2/28 (4 boulbeurte)
Afghanistan wen met 14 lopies
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Marais Erasmus (SA) en Richard Illingworth (Eng)
Speler van die wedstryd: Mohammad Shahzad (Afg)
  • Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
10 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
147/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Skotland Skotland
136 (19.4 boulbeurte)
Sean Williams 53 (36)
Mark Watt 2/21 (4 boulbeurte)
Richie Berrington 36 (39)
Wellington Masakadza 4/28 (4 boulbeurte)
Zimbabwe wen met elf lopies
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Marais Erasmus (SA)
Speler van die wedstryd: Wellington Masakadza (Zim)
  • Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Skotland is hiermee uit die toernooi geskakel.[13]
10 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Hongkong Hongkong
116/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Afghanistan Afghanistan
119/4 (18 boulbeurte)
Anshuman Rath 28 (31)
Mohammad Nabi 4/20 (4 boulbeurte)
Mohammad Shahzad 41 (40)
Ryan Campbell 2/28 (4 boulbeurte)
Afghanistan wen met ses paaltjies
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Richard Illingworth (Eng)
Speler van die wedstryd: Mohammad Nabi (Afg)
  • Hongkong het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Hongkong is hiermee uit die toernooi geskakel.[14]
12 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Afghanistan Afghanistan
186/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
127 (19.4 boulbeurte)
Mohammad Nabi 52 (32)
Tinashe Panyangara 3/32 (4 boulbeurte)
Tinashe Panyangara 17* (7)
Rashid Khan 3/11 (4 boulbeurte)
Afghanistan wen met 59 lopies
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Richard Illingworth (Eng)
Speler van die wedstryd: Mohammad Nabi (Afg)
  • Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Afghanistan vorder hiermee tot die Super Tien.[15]
  • Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.[15]
  • Afghanistan vorder vir die eerste keer tydens ’n T20I-wêreldbekertoernooi tot die tweede rondte.[16]
12 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Hongkong Hongkong
127/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Skotland Skotland
78/2 (8 boulbeurte)
Mark Chapman 40 (41)
Matt Machan 2/26 (4 boulbeurte)
Matthew Cross 22 (14)
Aizaz Khan 1/11 (1 boulbeurte)
Skotland wen met agt paaltjies (DLS-metode)
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Marais Erasmus (SA) en Ian Gould (Eng)
Speler van die wedstryd: Matt Machan (Sco)
  • Hongkong het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Duckworth-Lewis-Stern-metode hersien teiken om te wen: 76 lopies in tien boulbeurte vir Skotland.
  • Dit is Skotland se eerste oorwinning tydens ’n IKR-toernooi.[17]

Super Tien[wysig | wysig bron]

Groep 1[wysig | wysig bron]

Span Wed Wen Ver Onb LT Pte
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 4 3 1 0 +0.359 6
Vlag van Engeland Engeland 4 3 1 0 +0.145 6
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 4 2 2 0 +0.651 4
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 4 1 3 0 −0.461 2
Vlag van Afghanistan Afghanistan 4 1 3 0 −0.715 2
16 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
182/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
183/4 (18.1 boulbeurte)
Joe Root 48 (36)
Andre Russell 2/36 (4 boulbeurte)
Chris Gayle 100* (48)
Adil Rashid 1/20 (2 boulbeurte)
Wes-Indië wen met ses paaltjies
Wankhedestadion, Mumbai
Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Chris Gayle (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Chris Gayle (WI) slaan die vinnigste honderdtal tydens ’n T20I-wêreldbekerwedstryd (in 47 afleweringe).[18]
  • Chris Gayle word die tweede speler wat twee T20I-honderdtale aanteken en die eerste wat twee T20I-wêreldbekerhonderdtale aanteken. Sy elf sesse is die meeste tydens een T20I-wêreldbekerkolfbeurt.[19]
  • Chris Gayle slaan met 98 die meeste T20I-sesse en met 60 die meeste sesse tydens T20I-wêreldbekerwedstryde.[20]
17 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Afghanistan Afghanistan
153/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
155/4 (18.5 boulbeurte)
Asghar Stanikzai 62 (47)
Thisara Perera 3/33 (4 boulbeurte)
Tillakaratne Dilshan 83* (56)
Mohammad Nabi 1/25 (4 boulbeurte)
Sri Lanka wen met ses paaltjies
Eden Gardens, Kolkata
Skeidsregters: Bruce Oxenford (Aus) en Joel Wilson (WI)
Speler van die wedstryd: Tillakaratne Dilshan (SL)
  • Afghanistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
18 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
229/4 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
230/8 (19.4 boulbeurte)
Hashim Amla 58 (31)
Moeen Ali 2/34 (4 boulbeurte)
Joe Root 83 (44)
Kyle Abbott 3/41 (3.4 boulbeurte)
Engeland wen met twee paaltjies
Wankhedestadion, Mumbai
Skeidsregters: Sundaram Ravi (Ind) en Paul Reiffel (Aus)
Speler van die wedstryd: Joe Root (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Dit is die hoogste suksesvolle lopiejaag tydens ’n T20I-wêreldbekerwedstryd en die tweede hoogste tydens T20I-wedstryde.[21]
  • Engeland teken hul eerste vyftigtal uit 17 afleweringe aan, die gesamentlik tweede vinnigste in T20I-wedstryde.[22]
  • Hashim Amla (SA) moker met 224 die meeste T20I-lopies tussen twee paaltjies.[22]
  • Quinton de Kock egaliseer die rekord vir die vinnigste T20I-vyftigtal deur ’n Suid-Afrikaanse speler in 21 afleweringe.[22]
20 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
209/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Afghanistan Afghanistan
172 (20 boulbeurte)
AB de Villiers 64 (29)
Amir Hamza 1/25 (3 boulbeurte)
Mohammad Shahzad 44 (19)
Chris Morris 4/27 (4 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 37 lopies
Wankhedestadion, Mumbai
Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Paul Reiffel (Aus)
Speler van die wedstryd: Chris Morris (SA)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • AB de Villiers (SA) slaan met 29 lopies die gesamentlik hoogste aantal tydens een T20I-wêreldbekerboulbeurt.[23]
20 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
122/9 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
127/3 (18.2 boulbeurte)
Thisara Perera 40 (29)
Samuel Badree 3/12 (4 boulbeurte)
Andre Fletcher 84* (64)
Milinda Siriwardana 2/33 (4 boulbeurte)
Wes-Indië wen met sewe paaltjies
M. Chinnaswamy-stadion, Bangalore
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Johan Cloete (SA)
Speler van die wedstryd: Andre Fletcher (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
23 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
142/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Afghanistan Afghanistan
127/9 (20 boulbeurte)
Moeen Ali 41* (33)
Nabi, Khan 2/17 (4 boulbeurte)
Shafiqullah 35* (20)
Adil Rashid 2/18 (3 boulbeurte)
Engeland wen met 15 lopies
Feroz Shah Kotla, Nieu-Delhi
Skeidsregters: Sundaram Ravi (Ind) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Moeen Ali (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Dit is die eerste T20I-wedstryd op die Feroz Shah Kotla Ground.[24]
  • Afghanistan is hiermee uit die toernooi geskakel.[25]
25 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
122/8 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
123/7 (19.4 boulbeurte)
Quinton de Kock 47 (46)
Chris Gayle 2/17 (3 boulbeurte)
Marlon Samuels 43 (44)
Imran Tahir 2/13 (4 boulbeurte)
Wes-Indië wen met drie paaltjies
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Marlon Samuels (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Marlon Samuels word die tweede Wes-Indiese speler wat die mylpaal van 1000 T20I-lopies bereik.[26]
  • Dwayne Bravo word die derde Wes-Indiese speler wat die mylpaal van 1000 T20I-lopies bereik.[26]
  • Wes-Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.[27]
26 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
171/4 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
161/8 (20 boulbeurte)
Jos Buttler 66* (37)
Jeffrey Vandersay 2/26 (4 boulbeurte)
Angelo Mathews 73* (54)
Chris Jordan 4/28 (4 boulbeurte)
Engeland wen met tien lopies
Feroz Shah Kotla, Nieu-Delhi
Skeidsregters: Paul Reiffel (Aus) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Jos Buttler (Eng)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Engeland vorder hiermee tot die halfeindrondte.[28]
  • Sri Lanka en Suid-Afrika is hiermee uit die toernooi geskakel.[28]
27 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Afghanistan Afghanistan
123/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
117/8 (20 boulbeurte)
Najibullah Zadran 48 (40)
Samuel Badree 3/14 (4 boulbeurte)
Dwayne Bravo 28 (29)
Khan, Nabi 2/26 (4 boulbeurte)
Afghanistan wen met ses lopies
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Bruce Oxenford (Aus)
Speler van die wedstryd: Najibullah Zadran (Afg)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Evin Lewis (WI) het sy T20I-debuut gemaak.
  • Afghanistan se telling is die tweede laagste tydens ’n T20I-wêreldbekerwedstryd wat suksesvol verdedig is.[29]
  • Afghanistan en Wes-Indië het vir die eerste keer tydens ’n internasionale kriekettoernooi ontmoet.[30]
28 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
120 (19.3 boulbeurte)
t
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
122/2 (17.4 boulbeurte)
Tillakaratne Dilshan 36 (40)
Kyle Abbott 2/14 (3.3 boulbeurte)
Hashim Amla 56* (52)
Suranga Lakmal 1/28 (3.4 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met agt paaltjies
Feroz Shah Kotla, Nieu-Delhi
Skeidsregters: Sundaram Ravi (Ind) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Aaron Phangiso (SA)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Tillakaratne Dilshan (SL) speel in die meeste T20I-wêreldbekerwedstryde (35).[31]
  • Hashim Amla word die vierde Suid-Afrikaanse speler wat die mylpaal van 1000 T20I-lopies bereik.[32]

Groep 2[wysig | wysig bron]

Span Wed Wen Ver Onb LT Pte
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 4 4 0 0 +1.900 8
Vlag van Indië Indië 4 3 1 0 −0.305 6
Vlag van Australië Australië 4 2 2 0 +0.233 4
Vlag van Pakistan Pakistan 4 2 2 0 −0.093 4
Vlag van Bangladesj Bangladesj 4 0 4 0 −1.805 0
15 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
126/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
79 (18.1 boulbeurte)
Corey Anderson 34 (42)
Jasprit Bumrah 1/15 (4 boulbeurte)
MS Dhoni 30 (30)
Mitchell Santner 4/11 (4 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 47 lopies
VCA-stadion, Nagpur
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Richard Illingworth (Eng)
Speler van die wedstryd: Mitchell Santner (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Mitchell Santner behaal die beste T20I-boulsyfers vir ’n Nieu-Seelandse draaibouler.[33]
16 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
201/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Bangladesj Bangladesj
146/6 (20 boulbeurte)
Mohammad Hafeez 64 (42)
Taskin Ahmed 2/32 (4 boulbeurte)
Shakib Al Hasan 50* (40)
Shahid Afridi 2/27 (4 boulbeurte)
Pakistan wen met 55 lopies
Eden Gardens, Kolkata
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Shahid Afridi (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Shakib Al Hasan word die tweede Bengaalse speler wat die mylpaal van 1000 T20I-lopies bereik.[34]
  • Shakib Al Hasan word ook die tweede veelsydige wat 1000 T20I-lopies slaan en 50 T20I-paaltjies neem.[34]
18 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
142/8 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
134/9 (20 boulbeurte)
Martin Guptill 39 (27)
Faulkner, Maxwell 2/18 (3 boulbeurte)
Usman Khawaja 38 (27)
Mitchell McClenaghan 3/17 (3 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met agt lopies
HPCA-stadion, Dharamshala
Skeidsregters: Marais Erasmus (SA) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Mitchell McClenaghan (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
19 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
118/5 (18 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
119/4 (15.5 boulbeurte)
Shoaib Malik 26 (16)
Suresh Raina 1/4 (1 boulbeurte)
Virat Kohli 55* (37)
Mohammad Sami 2/17 (2 boulbeurte)
Indië wen met ses paaltjies
Eden Gardens, Kolkata
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Virat Kohli (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot 18 boulbeurte per span.
  • Dit is Indië se elfde oorwinning teen Pakistan tydens IKR-toernooie in beide EDI- en T20I-krieket.[35]
  • Ahmed Shehzad word die vyfde Pakistanse speler wat die mylpaal van 1000 T20I-lopies bereik.[36]
21 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Bangladesj Bangladesj
156/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
157/7 (18.3 boulbeurte)
Mahmudullah 49* (29)
Adam Zampa 3/23 (4 boulbeurte)
Usman Khawaja 58 (45)
Shakib Al Hasan 3/27 (4 boulbeurte)
Australië wen met drie paaltjies
M. Chinnaswamy-stadion, Bangalore
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Adam Zampa (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Saqlain Sajib (Ban) het sy T20I-debuut gemaak.
  • David Warner (Aus) word die vierde speler wat die mylpaal van 6000 T20I-lopies bereik.[37]
22 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
180/5 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
158/5 (20 boulbeurte)
Martin Guptill 80 (48)
Mohammad Sami 2/23 (4 boulbeurte)
Sharjeel Khan 47 (25)
Adam Milne 2/25 (4 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 22 lopies
Inderjit Singh Bindra-stadion, Mohali
Skeidsregters: Richard Illingworth (Eng) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Martin Guptill (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Shahid Afridi (Pak) word met 39 paaltjies die beste bouler in T20I-wêreldbekerwedstryde.[38]
  • Nieu-Seeland vorder hiermee tot die halfeindrondte.[39]
23 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
146/7 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Bangladesj Bangladesj
145/9 (20 boulbeurte)
Suresh Raina 30 (23)
Mustafizur Rahman 2/34 (4 boulbeurte)
Tamim Iqbal 35 (32)
Ravichandran Ashwin 2/20 (4 boulbeurte)
Indië wen met een lopie
M. Chinnaswamy-stadion, Bangalore
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Bruce Oxenford (Aus)
Speler van die wedstryd: Ravichandran Ashwin (Ind)
  • Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Dit was die vierte T20I-wêreldbekeroorwinning met een lopie.[40]
  • Vir die eerste keer in ’n T20I-wedstryd kantel drie paaltjies met die laaste drie afleweringe.[40]
  • MS Dhoni word die vyfde Indiese speler wat die mylpaal van 1000 T20I-lopies bereik.[40]
  • Bangladesj is hiermee uit die toernooi geskakel.[41]
25 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Australië Australië
193/4 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
172/8 (20 boulbeurte)
Steve Smith 61* (43)
Imad Wasim 2/31 (4 boulbeurte)
Khalid Latif 46 (41)
James Faulkner 5/28 (4 boulbeurte)
Australië wen met 21 lopies
Inderjit Singh Bindra-stadion, Mohali
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Marais Erasmus (SA)
Speler van die wedstryd: James Faulkner (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • James Faulkner word die eerste Australiese bouler en die 15de speler algeheel wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wedstryd neem.[42]
  • Die 21-lopie-oorwinning is Australië se sesde nouste T20I-oorwinningstelling.[43]
  • Pakistan is hiermee uit die toernooi geskakel.[44]
26 Maart 2016
15:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
145/8 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Bangladesj Bangladesj
70 (15.4 boulbeurte)
Kane Williamson 42 (32)
Mustafizur Rahman 5/22 (4 boulbeurte)
Shuvagata Hom 16* (17)
Grant Elliott 3/12 (4 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 75 lopies
Eden Gardens, Kolkata
Skeidsregters: Johan Cloete (SA) en Michael Gough (Eng)
Speler van die wedstryd: Kane Williamson (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Henry Nicholls (NZ) het sy T20I-debuut gemaak.
  • Mustafizur Rahman word die eerste Bengaalse bouler en die 16de speler algeheel wat ’n vyf-paaltjie-oes in ’n T20I-wedstryd neem.[45]
  • Dit is Bangladesj se laagste T20I-telling.[46]
  • In dié wedstryd is met tien uitskakelings die meeste in ’n T20I-wedstryd geboul.[47]
27 Maart 2016
19:30 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Australië Australië
160/6 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
161/4 (19.1 boulbeurte)
Aaron Finch 43 (34)
Hardik Pandya 2/36 (4 boulbeurte)
Virat Kohli 82* (51)
Shane Watson 2/23 (4 boulbeurte)
Indië wen met ses paaltjies
Inderjit Singh Bindra-stadion, Mohali
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Marais Erasmus (SA)
Speler van die wedstryd: Virat Kohli (Ind)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • * Shane Watson (Aus) speel in sy laaste internasionale wedstryd.[48]
  • Virat Kohli (Ind) moker 1500 T20I-lopies in die minste kolfbeurte (39).[49]
  • Ravichandran Ashwin word die eerste Indiese bouler wat 50 T20I-paaltjies neem.[50]
  • MS Dhoni (Ind) neem die meeste uitskakelinge deur ’n paaltjiewagter in T20I-wêreldbekerwedstryde (32).[51]
  • Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.[52]
  • Australië is hiermee uit die toernooi geskakel.[52]

Uitklopfase[wysig | wysig bron]

  Halfeindrondte Eindrondte
             
30 Maart – Nieu-Delhi
 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 153/8  
 Vlag van Engeland Engeland 159/3   3 April – Kolkata
     Vlag van Engeland Engeland 155/9
31 Maart – Mumbai    Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 161/6
 Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 196/3
 Vlag van Indië Indië 192/2  

Halfeindrondte[wysig | wysig bron]

30 Maart 2016
19:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
153/8 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
159/3 (17.1 boulbeurte)
Colin Munro 46 (32)
Ben Stokes 3/26 (4 boulbeurte)
Jason Roy 78 (44)
Ish Sodhi 2/42 (4 boulbeurte)
Engeland wen met sewe paaltjies
Feroz Shah Kotla, Nieu-Delhi
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Jason Roy (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Jason Roy slaan die tweede vinnigste vyftigtal deur ’n Engelse speler in ’n T20I-wêreldbekerwedstryd (in 26 afleweringe).[53]
  • Martin Guptill en Kane Williamson (albei NZ) word die tweede vennootskap wat 1000 T20I-lopies saam moker.
31 Maart 2016
19:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
192/2 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
196/3 (19.4 boulbeurte)
Virat Kohli 89* (47)
Samuel Badree 1/26 (4 boulbeurte)
Lendl Simmons 82* (51)
Virat Kohli 1/15 (1.4 boulbeurte)
Wes-Indië wen met sewe paaltjies
Wankhedestadion, Mumbai
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Lendl Simmons (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Wes-Indië behaal die hoogste suksesvolle lopiejaag in die uitklopfase van ’n T20I-wêreldbekertoernooi.[54]

Eindstryd[wysig | wysig bron]

3 April 2016
19:00 (IST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
155/9 (20 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
161/6 (19.4 boulbeurte)
Joe Root 54 (36)
Carlos Brathwaite 3/23 (4 boulbeurte)
Marlon Samuels 85* (66)
David Willey 3/20 (4 boulbeurte)
Wes-Indië wen met vier paaltjies
Eden Gardens, Kolkata
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Marlon Samuels (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Marlon Samuels (WI) slaan die hoogste telling in ’n T20I-wêreldbekereindstryd.[55]
  • Wes-Indië word die eerste span wat die T20I-wêreldbeker vir beide mans en vroue op dieselfde dag wen, nadat die vroue Australië met agt paaltjies klop.[56]


T20I-wêreldkampioen 2016
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Records / ICC World Twenty20, 2015/16 / Most runs". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  2. (en) "Records / ICC World Twenty20, 2015/16 / Most wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  3. (en) Peter Della Penna (23 Julie 2015). "Oman secure World T20 spot with memorable win". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  4. (en) "Associates to get a shot at Test cricket". ESPNcricinfo. 10 April 2014. Besoek op 14 Desember 2021.
  5. (en) Vishal Dikshit (9 Maart 2016). "Joy for underdogs Oman, Ireland stunned". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  6. (en) Deivarayan Muthu (11 Maart 2016). "Netherlands ousted after Dharamsala washout". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  7. (en) Mohammad Isam (11 Maart 2016). "2016Persistent rain knocks Ireland out". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  8. (en) "Statistics / Statsguru / Twenty20 Internationals / Batting records / Centuries". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  9. (en) Mohammad Isam (13 Maart 2021). "Tamim ton secures Bangladesh's berth". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  10. (en) "Statistics / Statsguru / Twenty20 Internationals / Batting records / 1000 career runs". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  11. 11,0 11,1 (en) Justin Goulding (13 Maart 2016). "World Twenty20 2016: Tamim Iqbal century sends Bangladesh through". BBC. Besoek op 14 Desember 2021.
  12. (en) Firdose Moonda (8 Maart 2016). "Hong Kong eye second Full Member scalp". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  13. (en) Marc Higginson (10 Maart 2016). "World Twenty20 2016 Scotland knocked out with defeat by Zimbabwe". BBC. Besoek op 14 Desember 2021.
  14. (en) Shashank Kishore (10 Maart 2016). "Nabi, Shahzad to the fore in easy Afghanistan win". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  15. 15,0 15,1 (en) Firdose Moonda (12 Maart 2016). "Afghanistan progress to main draw with thumping win". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  16. (en) Justin Goulding (12 Maart 2016). "World Twenty20 2016: Afghanistan reach Super 10s with win over Zimbabwe". BBC. Besoek op 14 Desember 2021.
  17. (en) Deivarayan Muthu (12 Maart 2016). "Scotland end win drought at ICC global events". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  18. (en) David Hopps (16 Maart 2016). "Gayle's 47-ball ton wipes out England". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  19. (en) Stephan Shemilt (16 Maart 2016). "Chris Gayle century sees West Indies beat England at World Twenty20". BBC. Besoek op 14 Desember 2021.
  20. (en) S Rajesh (16 Maart 2016). "Gayle closes on century of sixes". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  21. (en) Firdose Moonda (18 Maart 2016). "Root takes England to record WT20 chase". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  22. 22,0 22,1 22,2 (en) S Rajesh (18 Maart 2016). "A pounding for fast bowlers". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  23. (en) Bharath Seervi (20 Maart 2016). "South Africa's Powerplay surge, and AB de Villiers' blitz". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  24. (en) "Arun Jaitley Stadium". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  25. (en) Jayanta Oinam (23 Maart 2016). "ICC World T20, Match 24, Super 10 Group 1: Afghanistan vs England". Zee News. Besoek op 14 Desember 2021.
  26. 26,0 26,1 (en) "Twenty20 Internationals: Batting records". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  27. (en) Firdose Moonda (25 Maart 2016). "West Indies in semi-finals, South Africa face exit". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  28. 28,0 28,1 (en) Stephan Shemilt (26 Maart 2016). "World Twenty20 2016: England hold on to reach semi-finals". BBC. Besoek op 14 Desember 2021.
  29. (en) Bharath Seervi (27 Maart 2016). "Second-lowest total defended in World T20". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  30. (en) "Afghanistan Stuns West Indies To Create History". Internasionale Krieketraad. 27 Maart 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2016. Besoek op 31 Maart 2016.
  31. (en) "World T20 / Records / Most matches". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  32. (en) "Twenty20 Internationals: Batting records". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  33. (en) S Rajesh (15 Maart 2016). "Bounty for spin, and a shocker for India". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  34. 34,0 34,1 (en) Bharath Seervi (16 Maart 2016). "Explosive Afridi collects another T20 crown". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  35. (en) Alagappan Muthu (19 Maart 2016). "Kohli special steers India home on a turner". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  36. (en) S Rajesh (19 Maart 2016). "The king of the run chase". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  37. (en) Bharath Seervi (21 Maart 2016). "Zampa's match-winning performance, Khawaja's maiden T20I fifty". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  38. (en) Bharath Seervi (22 Maart 2016). "Guptill's run-filled year, and Pakistan's boundary drought". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  39. (en) Alagappan Muthu (22 Maart 2016). "New Zealand defend again to enter semi-finals". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  40. 40,0 40,1 40,2 (en) S Rajesh (23 Maart 2016). "One-run wins, three-in-three at the death". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  41. (en) "Bangladesh bow out of World Twenty20 losing last-over thriller against India by 1 run". BD News24. 24 Maart 2016. Besoek op 14 Desember 2021.
  42. (en) Bharath Seervi (25 Maart 2016). "Faulkner produces Australia's maiden T20I five-for". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  43. (en) "Records / Australia / Twenty20 Internationals / Smallest victories (including ties)". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  44. (en) Patrick Jennings (25 Maart 2016). "World Twenty20 2016: Pakistan out as Australia keep hopes alive". BBC. Besoek op 14 Desember 2021.
  45. (en) Bharath Seervi (26 Maart 2016). "Most batsmen bowled in a T20I". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  46. (en) Mohammad Isam (26 Maart 2016). "NZ read conditions and rout Bangladesh". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  47. (en) Jamie Lillywhite (26 Maart 2016). "World Twenty20 2016: New Zealand beat Bangladesh for fourth win". BBC. Besoek op 14 Desember 2021.
  48. (en) Jarrod Kimber (27 Maart 2016). "Watson skips into T20 retirement". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  49. (en) S Rajesh (27 Maart 2016). "Kohli's wizardy, and the bogey team for Australia and Faulkner". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  50. (en) "ICC World Twenty20: Ravichandran Ashwin first Indian to take 50 T20I wickets". India Today. 28 Maart 2016. Besoek op 14 Desember 2021.
  51. (en) "World T20 / Records / Most dismissals". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  52. 52,0 52,1 (en) Stephan Shemilt (27 Maart 2016). "World Twenty20 2016: Virat Kohli leads India to T20 semi-finals". BBC. Besoek op 14 Desember 2021.
  53. (en) S Rajesh (30 Maart 2016). "The four-over difference, and Roy's high". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  54. (en) Bharath Seervi (31 Maart 2016). "Runs in boundaries – 146 v 92". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  55. (en) S Rajesh (3 April 2016). "Last-over heroics, and Samuels' finale". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.
  56. (en) Brydon Coverdale (3 April 2016). "WI grab title after Brathwaite 6, 6, 6, 6". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Desember 2021.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


T20I-wêreldbeker Cricketball.svg

Suid-Afrika 2007Engeland 2009Wes-Indië 2010Sri Lanka 2012Bangladesj 2014Indië 2016Oman / Verenigde Arabiese Emirate 2021Australië 2022Verenigde State / Wes-Indië 2024Indië / Sri Lanka 2026Australië / Nieu-Seeland 2028Engeland / Ierland / Skotland 2030