Krieketwêreldbeker 1987
Kenteken van die Krieketwêreldbeker 1987 | |
Datums | 8 Oktober – 8 November |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketkonferensie (IKK) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Indië Pakistan |
Kampioen | Australië (1ste titel) |
Naaswenner | Engeland |
Deelnemers | 8 (24 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 27 |
Meeste lopies | Graham Gooch (471)[1] |
Meeste paaltjies | Craig McDermott (18)[2] |
← 1983 1992 → |
Die Krieketwêreldbeker 1987 (Engels: 1987 Cricket World Cup; Hindi: 1987 क्रिकेट विश्व कप; Oerdoe: کرکٹ عالمی کپ 1987ء) is van 8 Oktober tot 8 November 1987 in Indië en Pakistan beslis. Dit was die vierde krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) aangebied word en die eerste buite Engeland. Die Krieketwêreldbeker 1987 is deur die Indiese houermaatskappy Reliance Industries geborg en staan dus amptelik bekend as die Reliancebeker 1987.
Die toernooi se formaat van 1983 het onveranderd gebly, behalwe vir die afname in die aantal boulbeurte van 60 tot 50, die huidige standaard vir alle EDI-wedstryde wat buite Engeland gespeel word, en agt nasionale krieketspanne het aan die toernooi deelgeneem: Die destydse sewe toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Wes-Indië), saam met die IKK-trofee 1986-wenner Zimbabwe. Tydens die Krieketwêreldbeker 1987 is 27 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span twee keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan en is – vir ’n laaste keer in die toernooi se geskiedenis – in tradisionele wit klere en met rooi balle gespeel; almal is bedags gespeel en het dus vroeg in die oggend begin.[3]
Australië, Engeland, Indië en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Pakistan en Engeland het Indië geklop, voordat Australië die eindstryd op Eden Gardens in Kalkutta teen sy aartsvyand Engeland met sewe lopies gewen en sodoende sy eerste titel ingepalm het. Die tweemalige kampioen Wes-Indië het nie aan die verwagtinge voldoen nie en nie die uitklopfase gehaal nie.[4] Suid-Afrika kon nie aan die krieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid. Zimbabwe het vir ’n tweede keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n vierde keer verskyn het. Daar was dus geen debutant nie.
Toewysing
[wysig | wysig bron]Die Krieketwêreldbeker 1987 is ondanks Engelse weerstand aan Indië en Pakistan toegeken, nadat die IKK na onderhandelinge ’n rotasiestelsel goedgekeur en die volgende Krieketwêreldbeker 1992 aan Australië en Nieu-Seeland toegewys het.[5] ’n Verskuiwing van die toernooi se huisvesting het ’n afname in die aantal boulbeurte per span van sestig tot vyftig weens die korter dagligtydperk tot gevolg gehad.
Deelnemers
[wysig | wysig bron]Die volgende agt spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1987 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië (medegasheer), Nieu-Seeland, Pakistan (medegasheer), Sri Lanka en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketkonferensie met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1987 gekwalifiseer. Zimbabwe was die enigste span sonder toetsstatus en het gekwalifiseer deur die IKK-trofee 1986 teen Nederland te wen. Dieselfde agt spanne het ook aan die 1983-toernooi deelgeneem.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Groep |
---|---|---|---|---|---|
Indië | Gashere | Vierde | 1983 | Kampioen (1983) | A |
Pakistan | Vierde | 1983 | Halfeindrondte (1979, 1983) | B | |
Australië | Volle lede | Vierde | 1983 | Naaswenner (1975) | A |
Engeland | Vierde | 1983 | Naaswenner (1979) | B | |
Nieu-Seeland | Vierde | 1983 | Halfeindrondte (1975, 1979) | A | |
Sri Lanka | Vierde | 1983 | Groepfase (1975, 1979, 1983) | B | |
Wes-Indië | Vierde | 1983 | Kampioen (1975, 1979) | B | |
Zimbabwe | IKK-trofee in 1986-wenner | Tweede | 1983 | Groepfase (1983) | A |
Stadions
[wysig | wysig bron]Indië het 17 wedstryde op 14 verskeie plekke gehuisves, terwyl Pakistan tien wedstryde op sewe plekke aangebied het.
Formaat
[wysig | wysig bron]Die Krieketwêreldbeker 1987 is oor 32 dae tussen agt verskillende spanne oor 27 wedstryde beslis. Dit het op 8 Oktober 1987 op Niazstadion in Hyderabad, Pakistan, met die openingswedstryd tussen die medegasheer Pakistan en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op Eden Gardens in Kalkutta, Indië, op 8 November met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens Australië die Reliancebeker ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbeker 1983 ingespan.
Kalender
[wysig | wysig bron]Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1987 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die openingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
[wysig | wysig bron]Groep A | Groep B |
---|---|
Groepfase
[wysig | wysig bron]Die Krieketwêreldbeker 1987 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel met dieselfde formaat as wat in 1983 gebruik is; elke span het twee wedstryde teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span ses wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Skeidsregters
[wysig | wysig bron]’n Paneel van twaalf skeidsregters is vir die toernooi ingespan.
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
[wysig | wysig bron]Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
[wysig | wysig bron]Span | Wed | Wen | Ver | Onb | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|
Indië | 6 | 5 | 1 | 0 | +5.41 | 20 |
Australië | 6 | 5 | 1 | 0 | +5.19 | 20 |
Nieu-Seeland | 6 | 2 | 4 | 0 | +4.89 | 8 |
Zimbabwe | 6 | 0 | 6 | 0 | +3.76 | 0 |
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Navjot Sidhu (Ind) en Tom Moody (Aus) het hul EDI-debuut gemaak.
- Geoff Marsh (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Andrew Jones (NZ), asook Andy Waller en Eddo Brandes (albei Zim) het hul EDI-debuut gemaak.
- David Houghton (Zim) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Tim May (Aus) en Malcolm Jarvis (Zim) het hul EDI-debuut gemaak.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Kevin Arnott en Babu Meman (albei Zim) het hul EDI-debuut gemaak.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Geen spel as gevolg reën op 18 Oktober nie. Reserwedag op 19 Oktober gebruik, wedstryd verkort tot 30 boulbeurte per span weens verdere reën.
- Australië vorder hiermee tot die uitklopfase.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Andrew Zesers (Aus) het sy EDI-debuut gemaak.
- Indië vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Navjot Singh Sidhu (Ind) slaan nege sesse tydens die krieketwêreldbeker – tot dusver die hoogste aantal sesse deur ’n speler tydens ’n enkele toernooi. Hy moker ook vier vyftigtalle in vier agtereenvolgende kolfbeurte, ’n nuwe destydse rekord.[7]
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Geoff Marsh (Aus) teken sy tweede krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
- Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Andy Waller (Zim) het met pyn ?* van 10/0 tot 97/4 afgetree.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Danny Morrison (NZ) het sy EDI-debuut gemaak.
- Chetan Sharma (Ind) word die eerste bouler, en die eerste Indiese bouler in ’n EDI-wedstryd, wat ’n driekuns tydens ’n krieketwêreldbekerwedstryd neem toe hy Ken Rutherford, Ian Smith en Ewen Chatfield (almal NZ) in drie agtereenvolgende aflewerings uitboul.[8]
- Sunil Gavaskar (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
Groep B
[wysig | wysig bron]Span | Wed | Wen | Ver | Onb | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|
Pakistan | 6 | 5 | 1 | 0 | +5.01 | 20 |
Engeland | 6 | 4 | 2 | 0 | +5.14 | 16 |
Wes-Indië | 6 | 3 | 3 | 0 | +5.16 | 12 |
Sri Lanka | 6 | 0 | 6 | 0 | +4.04 | 0 |
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Javed Miandad (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Spel is as gevolg van reën op 12 Oktober verlaat. Reserwedag op 13 Oktober gebruik.
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Desmond Haynes en Viv Richards (albei WI) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Phil Simmons (WI) het sy EDI-debuut gemaak.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Reën onderbreek Sri Lanka se kolfbeurt. Sri Lanka se teiken verminder tot 267 lopies in 45 boulbeurte deur die gemiddelde hardloopmetode.
- Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Rameez Raja (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
- Pakistan vorder hiermee tot die uitklopfase.
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Saleem Malik (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Engeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
t
|
||
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Richie Richardson (WI) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
Uitklopfase
[wysig | wysig bron]Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
4 November – Lahore | ||||||
Australië | 267/6 | |||||
Pakistan | 249 | 8 November – Kalkutta | ||||
Australië | 253/5 | |||||
5 November – Bombaai | Engeland | 246/8 | ||||
Engeland | 254/6 | |||||
Indië | 219 |
Halfeindrondte
[wysig | wysig bron]t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Javed Miandad is as paaltjiewagter aangewys nadat ’n bal in Saleem Yousuf (albei Pak) se mond gedeflekteer is.[9]
- Craig McDermott (Aus) neem ’n vyf-paaltjie-oes.[10]
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Graham Gooch (Eng) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.[6]
- Dit is die laaste keer tot in die 2015-toernooi wat geen Asiatiese span vir die krieketwêreldbekereindwedstryd gekwalifiseer het nie.[11]
Eindstryd
[wysig | wysig bron]t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Krieketwêreldkampioen 1987 |
---|
Australië |
Statistiek
[wysig | wysig bron]Finale puntestand
[wysig | wysig bron]Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1987.
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | LV | LT | +/– | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Australië | A | 8 | 7 | 1 | 0 | 1974 | 1818 | +156 | 28 | |
2 | Engeland | B | 8 | 4 | 2 | 1 | 1995 | 1812 | +183 | 20 | |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Pakistan | B | 7 | 5 | 1 | 1 | 1746 | 1642 | +104 | 20 | |
4 | Indië | A | 7 | 5 | 1 | 1 | 1583 | 1540 | +43 | 20 | |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
5 | Wes-Indië | B | 6 | 3 | 0 | 3 | 1548 | 1342 | –206 | +5.16 | 12 |
6 | Nieu-Seeland | A | 6 | 2 | 4 | 0 | 1357 | 1392 | –35 | +4.89 | 8 |
7 | Sri Lanka | B | 6 | 0 | 0 | 6 | 1192 | 1675 | –483 | +4.04 | 0 |
8 | Zimbabwe | A | 6 | 0 | 0 | 6 | 1127 | 1301 | –174 | +3.76 | 0 |
Meeste lopies en paaltjies
[wysig | wysig bron]Meeste lopies aangeteken:[1]
|
Meeste paaltjies geneem:[2]
|
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 (en) "Reliance World Cup, 1987/88 / Records / Most Runs". ESPNcricinfo. 8 November 1987. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ 2,0 2,1 (en) "Reliance World Cup, 1987/88 / Records / Most Wickets". ESPNcricinfo. 8 November 1987. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ (en) "The 1987 World Cup in India and Pakistan – Australia win tight tournament". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ (en) "The gracious Mr Walsh". ESPNcricinfo. 12 Februarie 2011. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ (en) Amrit Mathur (22 Desember 2014). "The World Cup leaves England". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ 6,00 6,01 6,02 6,03 6,04 6,05 6,06 6,07 6,08 6,09 (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals/ Batting Records". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ (en) Raj Chengappa (15 November 1987). "Navjot Sidhu makes a dramatic comeback by hitting four consecutive ODI fifties". India Today. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ (en) "World Cup 2019: Mohammed Shami creates history, becomes 2nd Indian to take World Cup hat-trick". Hindustan Times. 23 Junie 2019. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ (en) "World Cup Countdown: 1987 – Craig McDermott shatters Imran Khan's dreams at Lahore". Cricket Country. 15 Maart 2019. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Bowling Records". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ (en) "No Asian team in World Cup final for first time since 1987". Times of India. 26 Maart 2015. Besoek op 7 April 2023.
- ↑ (en) "Australia v England". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Peter Murray (2019). World Cup Cricket – A Complete History. G2 Entertainment. ISBN 978-1-78281-491-7.
- (en) Andrew Roberts (2019). A History & Guide to the Cricket World Cup. Pen & Sword Books Limited. ISBN 978-1-5267-5361-8.
- (en) Phil Walker; Reynolds Harman (2019). The Official History of the ICC Cricket World Cup. Jellyfish Publishing Solutions. ISBN 978-1-909811-47-8.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) Mark Browning; James Grapsas (2014). A Complete History of World Cup Cricket. New Holland Publishers.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) James Alter (2011). The History of World Cup Cricket. Roli Books. ISBN 978-8174368416.
- (en) Mark Browning (1999). A complete history of World Cup Cricket 1975–1999. Simon & Schuster. ISBN 0-7318-0833-9.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Krieketwêreldbeker 1987. |
- (en) India and Pakistan – The World Cup, 1987
- (en) Reliance World Cup 1987/88
- (en) Reliance World Cup, 1987–88
- (en) Reliance World Cup 1987 – Fixtures and Results
- (en) Reliance World Cup Cricket 1987 op IMDb