Oog van Ra

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die Oog van Ra kan gelykgestel word aan die sonskyf, met kobras om die skyf en met die wit en rooi kroon van Bo- en Benede-Egipte.

Die Oog van Ra is in die Egiptiese mitologie die vroulike eweknie van die god Ra en ’n gewelddadige krag wat sy vyande verslaan.

Die Oog-godin is ’n uitbreiding van Ra se mag, en word gelykgestel aan die sonskyf, maar dit tree ook op as ’n onafhanklike entiteit wat deur verskeie Egiptiese godinne verpersoonlik kan word, onder andere Hathor, Sechmet, Bastet, Wadjet en Moet. Die Oog-godin tree op as moeder, sibbe, metgesel en dogter van die songod. Die Oog beskerm Ra teen die agente van chaos wat sy bewind bedreig.

As ’n mag teen die bose word dit dikwels gelykgestel aan die Oog van Horus, wat in ander gevalle ’n heeltemal ander konsep is.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Egiptiese mitologie
Aker.svg
 Gode   AmoenAnoebisAnoeketApepApisAtenAtoemBastetBesChepriChnoemChonsoeGebHapiHathorHeqetHorusIsisMaahesMafdetMeschenetMinMoetMontoeNechbetNefertemNeithNephthysNoeNoetOsirisPtahRaRaet-TawySatetSechmetSekerSerketSesjatSetSjoeSobekTaweretTefnoetThothVier seuns van HorusWadjetWepwawet
 Geskrifte   AmdoeatBoeke van AsemhalingBoek van die AardeBoek van die DooiesBoek van GrotteBoek van PoorteEnigmatiese Boek van die Onderwêreld
 Ander   DoeatEgiptiese mitologieEgiptiese sielEnneadMaätMondopeningseremonieNege boëOerheuwelOog van HorusOog van Ra