Wepwawet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Wepwawet
Wepwawet, die Egiptiese god van oorlogvoering en jag.
Wepwawet, die Egiptiese god van oorlogvoering en jag.
Soort god  Egipties
God van Oorlogvoering en jag
Naam in hiërogliewe
wpN31
t Z2ss
E18
Kultussentrum  Lisopolis
Simbool Knots, jagpyle
Ouers Set of Anoebis
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Wepwawet (ook gespel Oepoeaoet, Wepawet ens.) was in die Egiptiese mitologie ’n oorlogsgod. Sy naam beteken hy wat die weë open en hy is dikwels uitgebeeld as ’n wolf.

Hy is oorspronklik as ’n wolfgod beskou. Mettertyd het die verbintenis met oorlog, en dus die dood, daartoe gelei dat hy beskou is as die een wat die weë vir die geeste van die dood open na en deur die Doeat (onderwêreld). Deur dié verbintenis en die ooreenkoms tussen die wolf en jakkals, is Wepwawet verbind met Anoebis, wat eindelik as sy pa beskou is. As ’n jakkals is hy ook verbind met Set, en is hy beskou as Set se seun. Daarop word Wepwawet dikwels met Anoebis verwar.[1]

In latere kuns is Wepwawet uitgebeeld as ’n wolf of jakkals, of as ’n man met die kop van ’n wolf of jakkals. Hy is ook uitgebeeld met die klere van ’n soldaat en met militêre wapens soos die knots en pyl en boog.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Pat Remler, Egyptian Mythology A to Z: A Young Readers Companion, Facts on File Inc., 2000. p. 170

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Egiptiese mitologie
Aker.svg
 Gode   AmoenAnoebisAnoeketApepApisAtenAtoemBastetBesChepriChnoemChonsoeGebHapiHathorHeqetHorusIsisMaahesMafdetMeschenetMinMoetMontoeNechbetNefertemNeithNephthysNoeNoetOsirisPtahRaRaet-TawySatetSechmetSekerSerketSesjatSetSjoeSobekTaweretTefnoetThothVier seuns van HorusWadjetWepwawet
 Geskrifte   AmdoeatBoeke van AsemhalingBoek van die AardeBoek van die DooiesBoek van GrotteBoek van PoorteEnigmatiese Boek van die Onderwêreld
 Ander   DoeatEgiptiese mitologieEgiptiese sielEnneadMaätMondopeningseremonieNege boëOerheuwelOog van HorusOog van Ra