Rooiskub-moddervis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Rooiskub-moddervis
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Cypriniformes
Familie: Cyprinidae
Genus: Labeo
Spesie: L. congoro
Binomiale naam
Labeo congoro
W. K. H. Peters, 1852

Die Rooiskub-moddervis (Labeo congoro) is 'n varswater vis wat voorkom in die middel en onderste gedeeltes van die Zambezirivier en daarvandaan suidwaarts in riviere aan die ooskus van Afrika tot by die Pongolarivier. Die vis staan ook bekend as die Perslyf-moddervis en in Engels as die Purple labeo.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis het 'n diep lyf, die stertvin is gevurk en die dorsale vin is groot. Die vis het 'n groot mond en daar is tuberkels op die snoet. Die vis is normaalweg donker groenerig grys met 'n pers skynsel en die middel van die skubbe is rooierig. Die vinne is gewoonlik dof swart. Die vis word tot 415 mm lank. Die hengelrekords vir Suid-Afrika, Zimbabwe en Malawi is 3.407, 4.308 en 1.05 kg onderskeidelik.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis leef in sterk vloeiende rotsagtige dele van standhoudende riviere. Die vis het grootliks verdwyn uit die Karibadam. Hulle vreet alge en migreer stroomop om te broei. Die vis is belangrik vir bestaansvissers.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]