Rooistompneus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Rooistompneus
Bewaringstatus

Status iucn3.1 EN af.svg
Bedreig (IUBN 3.1)

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Suborde: Percoidei
Superfamilie: Percoidea
Familie: Sparidae
Genus: Chrysoblephus
Spesie: C. gibbiceps
Binomiale naam
Chrysoblephus gibbiceps
Valenciennes, 1830

Die Rooistompneus (Chrysoblephus gibbiceps) is 'n endemiese vis wat aangetref word vanaf Kaapstad tot by die Transkei. Die gemiddelde grootte van die vis is 45 cm maar hul kan tot 60 cm lank word. Dit is 'n heerlike eetvis. Die vis is silwerpienk van kleur met donkerder rooi vertikale strepe en kolle. Daar is ook onreëlmatige swart kolletjies op die lyf. Dit is 'n bedreigde spesie.

Die volwasse visse leef in rotsriwwe wat 30-150 meter diep is terwyl die onvolwassenes in vlak riwwe leef. Die wyfies skiet kuit in die somer in die Oos-Kaap. Hulle is alleenlopers en vreet gastropodes, mossels, rooiaas, seekatte, krappe en wurms. In Engels staan die vis bekend as die Red stumpnose.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]