Santali
Voorkoms
Santali ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ, সাঁওতালি | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Indië Bangladesj Nepal Bhoetan | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 7,6 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Austro-Asiaties Moenda Noord-Moenda Santali | |
Skrifstelsel: | Ol Chiki-alfabet Devanagari Oostelike Nagari-skrif Latynse alfabet Odia-alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Indië[2] | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | sat | |
ISO 639-3: | sat | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Santali (ᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤ, সাঁওতালি) is 'n Austro-Asiatiese taal wat deur sowat 7,6 miljoen mense in Oos-Indië, Bangladesj, Nepal en Bhoetan gepraat word. Santali is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi. Santali word, afhangende van die gebied, met die Ol Chiki-alfabet, Devanagari, die Oostelike Nagari-skrif, die Latynse alfabet of die Odia-alfabet geskryf.
Santali is ná Viëtnamees en Khmer die derde mees gesproke Austro-Asiatiese taal en by verre die belangrikste van dié taalfamilie in Suid-Asië. Dit is verwant aan Ho en Moendari, al drie vorm die amptelike tale van die Indiese deelstaat Jharkhand. Daarbenewens word Santali in die Indiese deelstate Orissa en Wes-Bengale gepraat.
Verwysings
- ↑ (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Santhali". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op 19 Maart 2021.
- ↑ (en) "The Constitution of India" (PDF). Regering van Indië, Departement van Reg en Justisie. 1 Desember 2007 [1950]. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 September 2014.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Santali.
- (en) "Santali language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 19 Maart 2021.