Septeeboom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Septeeboom
Cordia caffra, vrugte, Manie van der Schijff BT.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
(ongeplaas)
Familie:
Genus:
Spesie:
C. caffra
Binomiale naam
Cordia caffra
Sond.

Die Septeeboom (Cordia caffra) is 'n boom wat merendeels as 'n struik groei maar word 'n middelgroot boom op die rante van woude. Hulle aard nie in woude nie want hulle het genoegsame lig nodig om te groei. Die spesie kom voor vanaf die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga tot by Limpopo.

Blare en vrugte[wysig | wysig bron]

Die blare is enkelvoudig, afwisselend en word op lang, dun blaarstele gedra. Die boom het 'n welriekende, wit, klokvormige blom van sowat 10 cm lank. Die vrug is 1.2 cm in deursnee en is oranje wanneer dit ryp is. Die vrug word omsluit deur die blomkelk wat dikwels aan die boom bly nadat die vrug afgeval het.

Bas[wysig | wysig bron]

Die bas is glad en lyk asof dit geverf of vernis is - kenmerkend van die boom. Die bas skilfer ook onreëlmatig af sodat dit herinner aan 'n Lekkerbreek of Koejawelboom.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]