Shaun Pollock

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Shaun Pollock
Shaun Pollock.JPG
Volle naam Shaun Maclean Pollock
Gebore 16 Julie 1973 (1973-07-16) (46 jaar oud)
Port Elizabeth, Suid-Afrika
Bynaam(e) Polly
Lengte 1.88 m
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm medium-vinnig
Rol Veelsydig, voormalige kaptein
Familie Peter (vader); Graeme (oom)
Internasionale inligting
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 261) 16 November 1995 v Engeland
Laaste Toets 10 Januarie 2008 v Wes-Indië
EDI debuut (no 39) 9 Januarie 1996 v Engeland
Laaste EDI 3 Februarie 2008 v Wes-Indië
EDI hempno. 7
T20I debuut (no 10) 21 Oktober 2005 v Nieu-Seeland
Laaste T20I 18 Januarie 2008 v Wes-Indië
Eersterang spaninligting
Jaar(e) Span
1992/93–2003/04 Natal krieketspan
1996–2002 Warwickshire
2004/05 Dolfyne
2008 Mumbai Indians
2008 Durham
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI 1e rang A-lys
Wedstryde 108 303 186 435
Lopies aangeteken 3,781 3,519 7,021 5,494
Kolfgemiddeld 32.31 26.45 33.11 26.66
100s/50s 2/16 1/14 6/35 3/24
Hoogste telling 111 130 150* 134*
Aflewerings geboul 24,353 15,712 39,067 21,588
Paaltjies 421 393 667 573
Boulgemiddeld 23.11 24.50 23.25 22.93
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 16 5 22 7
10 paaltjies in 'n wedstryd 1 - 2 n/a
Beste boulontleding 7/87 6/35 7/33 6/21
Vangskote/Stonkings 72/- 108/- 132/- 153/-
Bron: CricketArchive, 31 Desember 2013

Shaun Pollock OIS (16 Julie 1973 in Port Elizabeth, Kaapprovinsie) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler en kaptein van die Proteas. Pollock het saam met Allan Donald jare lank 'n indrukwekkende boul-vennootskap gevorm. Van 2000 tot 2003 was hy die kaptein van die Proteas.

Op 11 Januarie 2008 het hy sy aftrede van alle vorme van internasionale krieket aangekondig na sy 303ste Internasionale eendagwedstryd op 3 Februarie.[1]

Internasionale loopbaan[wysig | wysig bron]

1995[wysig | wysig bron]

Shaun Pollock se toetsloopbaan begin op 16 November 1995 teen Engeland op SuperSport-park in Centurion. Hy het in 108 toetse vir Suid-Afrika gespeel.

Kaptein[wysig | wysig bron]

Nadat Hansie Cronje van krieket verban is, het Pollock as kaptein in April 2000 oorgeneem. Hy is vervang ná Suid-Afrika se vertoning in die 2003-krieketwêreldbeker.

Alhoewel hy nie meer kaptein was nie, het hy sy plek in die span behou. Ná 'n teleurstellende toetsreeksreeks teen Australië in 2005/2006 was hy gekritiseer dat hy sy boulvermoë verloor het. Hy het die laagste (beste) ekonomiese koers van enige bouler wat 300 EDI paaltjies geneem het,[2] en hy is ook die eerste Suid-Afrikaner en slegs die tiende speler om 400 toetspaaltjies te neem. In September 2007 is hy vir die eerste keer in sy loopbaan nie gekeur vir die Suid-Afrikaanse toetsspan nie.[3]

Hy het die meestes paaltjies vir Suid-Afrika geneem in toetse tot en met Dale Steyn hom op 26 Desember 2018 verbyvat. Hy het meer as 400 toetspaaltjies behaal en meer as 3,700 toetslopies in sy 108 toetse gespeel.[3][4]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]