Adjunkpresident van Suid-Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wapen van Suid-Afrika.png
Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Appèlhof
Hooggeregshof
Verkiesings
Die Uniegebou in Pretoria is die setel van die Suid-Afrikaanse Presidensie.

Die Adjunkpresident van Suid-Afrika tree op as die waarnemende President van Suid-Afrika wanneer die President buite die land se grense is, nie in staat is om die amp se pligte te onderneem nie, of wanneer die Presidensie vakant is. Die Adjunkpresident is ook 'n lid van die Nasionale Vergadering en die Kabinet. Die Adjunkpresident word grondwetlik vereis om die President te ondersteun in die uitvoer van die regering se funksies en kan deur presidensiële proklamasie enige regeringsportefeulje toegeken word. Die adjunkpresident se ampswonings sluit in die Oliver Tambo-huis in Pretoria, Highstead in Kaapstad en die Dr John L Dube-huis in Durban.

Die huidige Adjunkpresident van Suid-Afrika is Cyril Ramaphosa, benoem deur die huidige President van Suid-Afrika, Jacob Zuma.[1]

Invoer en termyn[wysig | wysig bron]

Die Adjunkpresident se ampstermyn word nie deur die wet bepaal nie. Die Adjunkpresident se termyn begin wanneer hy of sy deur die President vanuit die geledere van die Nasionale Vergadering aangestel word en lê dan die voorgeskrewe eed af.

Die Adjunkpresident se termyn word deur een van vioer grondwetlike meganismes afgedank: afdanking deur die President, 'n suksesvolle 'mosie van wantroue in die President' deur die Nasionale Vergadering, 'n suksesvolle 'mosie van wantroue uitgesluit die President' deur die Nasionale Vergadering, of die ampsbetreding van 'n nuutverkose President. Daar word aangeneem dat 'n Adjunkpresident ook kan bedank.

Lys van Adjunkpresidente van Suid-Afrika (1994–)[wysig | wysig bron]

Partye

██ Nasionale Party ██ African National Congress

# Naam
(Geboorte–Dood)
Portret Ampsaanvaarding Amp verlaat President Party
1 Frederik Willem de Klerk
(1936–)
F. W. de Klerk 2012.jpg 10 Mei 1994 30 Junie 1996
(bedank)
Nelson Mandela Nasionale Party
2 Thabo Mbeki
(1942–)
SthAfrica.ThaboMbeki.01.jpg 10 Mei 1994 16 Junie 1999
(word president)
African National Congress
3 Jacob Zuma
(1942–)
Jacob G. Zuma - World Economic Forum Annual Meeting Davos 2010.jpg 16 Junie 1999 14 Junie 2005
(ontslaan)
Thabo Mbeki African National Congress
4 Phumzile Mlambo-Ngcuka
(1955–)
Phumzile Mlambo-Ngcuka 2013.jpg 14 Junie 2005 24 September 2008
(bedank)
African National Congress
5 Baleka Mbete
(1949–)
Vladimir Putin in South Africa 5-6 September 2006-14 (cropped).jpg 24 September 2008 9 Mei 2009 Kgalema Motlanthe African National Congress
6 Kgalema Motlanthe
(1949–)
GeorgeBushKgalemaMotlanthe crop.jpg 9 Mei 2009 26 Mei 2014 Jacob Zuma African National Congress
7 Cyril Ramaphosa
(1952–)
Cyril Ramaphosa in Tehran.jpg 26 Mei 2014 Ampsbekleër African National Congress

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Ferreira, Emsie (25 Mei 2014). "Few surprises in Zuma's new Cabinet". News24. SAPA. Verkry op 25 Mei 2014.