Gaan na inhoud

Swartwattel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Swartwattel
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Fabales
Familie: Fabaceae
Klade: Mimosoideae
Genus: Acacia
Spesie:
A. mearnsii
Binomiale naam
Acacia mearnsii
Verspreidings-kaart
Sinonieme[1]
  • Acacia decurrens auct. non Willd.
  • Acacia decurrens Willd. var. mollis auct. non Lindl.
  • Acacia decurrens Willd. var. mollis Lindl.
  • Acacia mollissima sensu auct.
  • Albizia mearnsii De Wild.
  • Racosperma mearnsii (De Wild.) Pedley
Peule

Die swartwattel (Acacia mearnsii) is 'n boom en indringerplant in Suid-Afrika wat inheems is aan die suidooste van Australië asook Tasmanië. Die boom groei in grasvelde, langs paaie, waterlope en woudrande.

Voorkoms

[wysig | wysig bron]

Die swartwattel kan tot 15 m hoog raak en is middelgroot. Die boom is doringloos met neerhangende, varingagtige takke. Die bas is glad en 'n bietjie harig by die jonger takke. Die blare is saamgestel en dubbelveervormig met baie klein blaartjies. Die blomhofies is liggeel en verskyn in saamgestelde trosse van Augustus tot November. Die sade is in peulvorm en afgeplat.

Die boom word gebruik vir looibas (om leer te maak), beskutting en vuurmaakhout.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 "Acacia mearnsii". Australian Plant Census. Besoek op 26 September 2020.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]