Gaan na inhoud

Tarentaalaalwyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Tarentaalaalwyn
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eensaadlobbiges
Orde: Asparagales
Familie: Asphodelaceae
Subfamilie: Asphodeloideae
Genus: Aristaloe
Spesie:
A. aristata
Binomiale naam
Aristaloe aristata
(Haw.) Boatwr. & J.C.Manning, 2014
Sinonieme
  • Aloe aristata Haw.
  • Aloe aristata var. leiophylla Baker
  • Aloe aristata var. parvifolia Baker
  • Aloe ellenbergeri Guillaumin
  • Aloe longiaristata Schult. & Schult.f.
  • Tulista aristata (Haw.) G.D.Rowley

Die Tarentaalaalwyn (Aristaloe aristata, voorheen Aloe aristata) is die enigste spesie wat tot die genus Aristaloe hoort en Aristaloe is dus 'n monotipiese takson. Die plant kom in Lesotho, Vrystaat, KwaZulu-Natal, die Noord- en Oos-Kaap voor. Die plant is klein, die blare vorm digte rosette wat tot 150 mm in deursnee word. Dit is 'n gewilde huis plant en blom van November tot Desember. Die blare is dik, inwaarts gebuig en 80 - 100 mm lank. Hulle is groen met wit punte.

Die plant se habitat wissel, in die Karoo kom hulle in warm, droë sanderige gebiede voor, maar op ander plekke word hulle gevind in diep, skaduryke rivierwoude asook die bergagtige grasveld van Lesotho.

In Engels staan dit as die Guinea-fowl Aloe bekend en in Afrikaans as die baardaalwyn en die langnaaldaalwyn.[1]

Galery

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Van Wyk, Ben-Erik; Smith, Gideon F. (2014). Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika. Pretoria: Briza Uitgewers. p. 158.