Truman Capote

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Truman Capote
Truman Capote in 1980
Truman Capote in 1980

Geboortenaam Truman Streckfus Persons
Gebore (1924-09-30)30 September 1924
New Orleans, Louisiana
Oorlede 25 Augustus 1984 (op 59)
Los Angeles, Kalifornië
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Ouers Lillie Mae Faulk
Archulus Persons
Beroep Kunstenaar, skrywer, akteur
Bekend vir In Cold Blood, Breakfast at Tiffany's
Truman Capote signature.svg

Truman García Capote (New Orleans, 30 September 192425 Augustus 1984) was 'n Amerikaanse skrywer. Hy skryf sowel fiksie, nie-fiksie, kortverhale en teaterstukke. Sy bekendste werk is In Cold Blood (1966) en die novelle Breakfast at Tiffany's (1958). Van sy werke is al tenminste 20 films en televisiereekse gemaak.[1]

Biografie[wysig | wysig bron]

Jeug[wysig | wysig bron]

Capote word gebore as Truman Streckfus Persons in New Orleans. Hy was 'n eensaame kind en leer homself lees voordat hy skool toe gaan. Op sy vierde verjaarsdag verhuis hy na Monroeville waar hy bevriend raak met Harper Lee, die buurmeisie. Met Harper Lee het hy 'n lewenslange vriendskap en was hy 'n invloed op haar bekendste werk To Kill a Mockingbird.

Capote begin te skryf op sy agste verjaarsdag en beweer dat hy op nege al 'n boek geskryf het. Toe hy 11 word begin hy ernstig met die skryf van boeke. In 1933 verhuis hy na New York Stad om saam met sy moeder en dié se tweede eggenoot, Joseph Capote, te gaan bly. Toe hy sewentien word begin hy te skryf vir die tydskrif The New Yorker.

Aktiwiteite as skrywer[wysig | wysig bron]

Sy debuutroman was Other Voices, Other Rooms (1948) wat terselfdetyd 'n groot sukses en 'n blitsverkoper word. Die boek bly meer as nege weke bo-aan die literatuurlys van die New York Times.

Na Other Voices, Other Rooms volg hy met meer werke. Breakfast at Tiffany's was 'n sukses, so ook In Cold Blood, 'n 'nie-fiksie roman' oor 'n brutale moord op 'n gesin in Holcomb, Kansas. Capote doen diepgaande navorsing en praat met almal betrokke in die saak, waaronder die twee, ter dood veroordeelde, moordenaars. Hy raak bevriend met die moordenaars wat vir hom dit moeilik maak om die boek te voltooi. Hierdie konflik was die basis vir die verfilming van hierdie periode in sy lewe in die rolprent Capote in 2005. Capote word in hierdie film gespeel deur Philip Seymour Hoffman, wie vir sy rol 'n Oscar kry as beste akteur.

Karakter[wysig | wysig bron]

Capote was openlik homoseksueel in 'n tyd toe dit nog skaars was. Hy staan uit as gevolg van sy hoë, lispelende stem en unieke kleredrag. Hy was beroemd in die literêre kringe van die Verenigde State en beweer dat hy baie beroemdes intiem ken, wat na die tyd nie altyd waar was nie. Op 28 November 1966 gee hy 'n legendariese gemaskerde bal in die groot balsaal van die Plaza Hotel in New York, ter ere van die uitgewer Katharine Graham.

Latere lewe en dood[wysig | wysig bron]

In sy latere lewe bly Capote grootliks in afsondering. Hy word verslaaf aan drank en dwelms. Dit het 'n groot inpak op sy gesondheid en hy beleef gereeld hallusinasies as gevolg van die dwelms.

Capote sterf op 25 Augustus 1984 op 59-jarige leeftyd as gevolg van 'n dwelm oordosis in die huis van Joanne Carson, voormalig eggenote van die beroemde TV-aanbieder Johnny Carson.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]