Ventersdorp
Ventersdorp | |
---|---|
Toegangsbord tot Ventersdorp | |
Koördinate: 26°19′S 26°49′O / 26.317°S 26.817°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Dr. Kenneth Kaunda |
Munisipaliteit | JB Marks |
Stigting | 1866 |
Oppervlak | |
• Totaal | 53,88 km2 (20,80 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 4 204 |
• Digtheid | 78/km2 (200/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 40.2% |
• Indiërs/Asiërs | 2.3% |
• Bruin mense | 5.5% |
• Swart mense | 51.4% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 46.6% |
• Tswana | 40.5% |
• Engels | 4.3% |
• Xhosa | 2.8% |
• Ander | 5.8% |
Poskode (strate) | 2710 |
Poskode (posbusse) | 2710 |
Skakelkode | 018 |
Ventersdorp is 'n dorp in die Noordwesprovinsie, in Suid-Afrika met sowat 4 200 mense. Ventersdorp is 53 km oos van Coligny en die N14 nasionale pad gaan deur die dorp. Eugène Terre'Blanche, stigter van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) is op die dorp gebore.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Ventersdorp is in 1866 as 'n NG gemeente gestig op die plaas Roodepoort en die dorp en gemeente is na die eienaar vernoem, Johannes Venter. Die plaas was naby die oorsprong van die Schoonspruit.
Distrik
[wysig | wysig bron]Die distrik is 3 550 km2 groot. Die ekonomie draai om bees- en mielieboerdery. Die graansilo's is van die grootste ter wêreld. Besproeiingswater word van 'n dam in die Rietspruit 10 km suid van die dorp verkry.
Besienswaardighede
[wysig | wysig bron]Daar is twee natuurreservate: Schoonspruit en 'n privaatreservaat, Makokskraal. Die plaaslike museum huisves 'n groot versameling gewere wat die Boere tydens die Tweede Vryheidsoorlog gebruik het en daar is ook 'n begraafplaas van dié soldate in die dorp. Daar is ook twee watermeule in Schoonspruit wat dateer uit die 1800's.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Ventersdorp". Sensus 2011.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ventersdorp.
Schoonspruit Natuurreservaat | Koster | Droogpan | ||
Coligny | Carletonville | |||
Ventersdorp | ||||
Hartbeesfontein | Vlakfontein | Potchefstroom |