Virgilia divaricata
Voorkoms
Pienk Keurboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Genus: | Virgilia |
Spesie: | V. divaricata
|
Binomiale naam | |
Virgilia divaricata Adamson, (1934)
|
Die pienk keurboom (Virgilia divaricata) is 'n boom wat endemies aan Suid-Afrika is en in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap voorkom. Dit kom in die Outenikwaberge vanaf George tot by Grahamstad voor met 'n geisoleerde populasie in die Swartberge naby Ladismith. Die boom is deel van die fynbos.
Die boom se FSA-nommer is 221.1.[1]