Wildefrangipani

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Wildefrangipani
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
V. thouarsii
Binomiale naam
Voacanga thouarsii
Roem. & Schult.

Die Wildefrangipani (Voacanga thouarsii) is 'n klein tot middelslag boom wat voorkom in KwaZulu-Natal en aangrensende Oos-Kaap. Die boom groei op rande van immergroen woude en in moerasse waar hulle soms lugwortels ontwikkel. Die blare is teenoorstaande gerangskik, is lig aan die onderkant en dikwels met stippels en ligkleurige kolletjies bedek.

Blomme en vrugte[wysig | wysig bron]

Die wit blomme is tot 4.5 cm in deursnee en verdof later tot geel. Hulle het 'n taamlike skerp geur. Die ovaalvormige, tweelingvrugte is by die basis verbind met elke lob 7 – 9 cm in deursnee. Hulle is donkergroen met liggroen stippeltjies.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]