Wildemakou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Wildemakou
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)[1]

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Anseriformes
Familie: Anatidae
Subfamilie: Plectropterinae
Genus: Plectropterus
Stephens, 1824
Spesie: P. gambensis
Binomiale naam
Plectropterus gambensis
(Linnaeus, 1766)
Subspesie

P. g. gambensis(Linnaeus, 1766)
P. g. niger (Sclater, 1877)

Die Wildemakou (Plectropterus gambensis) is 'n algemene standvoël wat in Suider-Afrika voorkom. Die voël is 75 – 100 cm groot en weeg 2,5 – 7 kg. Hulle kom dikwels in groot swerms of saam met Kolganse voor. In Engels staan die voël bekend as Spur-winged Goose.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Dit is 'n groot, swart en wit gans met 'n spoor op sy vlerke.

Broeigewoontes[wysig | wysig bron]

Die groot nes is meestal op die grond, maar soms neem die wildermakouwyfie haar intrek in 'n ou hamerkopnes. Dis iets wat kolganse ook soms doen.

Dieet[wysig | wysig bron]

Wildemakou in die De Hoop Natuurreservaat.

Die wildemakou soek sy kos snags en rus bedags. Die dieet bestaan hoofsaaklik uit gras, lusern, graan en jong aartappels.

Verspreiding[wysig | wysig bron]

Die wildemakou kom oral in Afrika en op Madagaskar voor, meestal in groot swerms op groot watervlakke met grasagtige oewers.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronnelys[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]