Sandessenhout

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Xylia torreana)
Jump to navigation Jump to search

Sandessenhout
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Familie:
Mimosaceae
Genus:
Xylia
Spesie:
X. torreana
Binomiale naam
Xylia torreana
Brenan

Die Sandessenhout (Xylia torreana) is 'n mediumgrootte (10 m hoë) inheemse Suid-Afrikaanse boom. Dit kom ook in Malawi, Zimbabwe en Mosambiek voor.[1] In die Krugerwildtuin kom dit slegs voor in die Nwambiya-sandveld suid van die Pafurigebied (langs die Mosambiekse grens) en die sandveld noordwes van Punda Mariaruskamp.[2]

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Blare

Karakteristiek kom ses blaarpaartjies per blaarsteel, tot 20 cm lank, voor. Groot blare (tot 10 x 4 cm), glad en haarloos aan bokant, maar dig harig aan onderkant van blaarblad. Jong blaarkleur is rooibruin, maar verander na donkergroen wanneer volwasse.[2]

Blomme en vrugte

Die boom dra 'n groot hoeveelheid klein, geurige blommetjies met witterige meeldrade en geel uitlopers. Die saadpeule vertoon as breë "pangas", baie hard en donkerbruin wanneer ryp, harig, tot 10 x 5 cm in deursnee.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Flora van Zimbabwe.
  2. 2,0 2,1 2,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named PietvanWyk

Sien ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]