2009 Europese Grand Prix

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die 2009 Europese Grand Prix (amptelik die LIII Telefónica Grand Prix of Europe) was 'n Formule Een-wedren, gehou op die 23ste Augustus 2009 te Valencia Street Circuit in Valencia, Spanje. Dit was die 11de ren van die 2009 Formule Een-seisoen. Die ren was beding oor 57 rondtes, 'n totale ren afstand van 303,9 km. Die wenner was Rubens Barrichello van Brawn GP, nadat hy derde op die rooster begin het.[1] 2008 se wêreldkampioen, Lewis Hamilton van McLaren-Mercedes, het tweede klaargemaak, met 2007 se wêreldkampioen Kimi Räikkönen vir Ferrari wat derde gekom het. Die huidige kampioenskapleier, Jenson Button, het sewende klaargemaak vir sy tweede agtereenvolgende ren, maar het wel sy voorsprong verleng as gevolg van die twee Red Bull Racing-bestuurders Mark Webber en Sebastian Vettel wat albei geen punte kon kry nie.

Verwysings[wysig]

  1. Barrichello snatches Valencia win”. BBC Sport. 2009-08-23. URL besoek op 2009-08-24.