Airbus A340

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Suid-Afrikaanse Lugdiens se Airbus A340-200 (ZS-SLD) land by Lughawe Londen-Heathrow, Engeland.
Airbus A340

A300 · A310 · A318 · A320 · A330 · A340 · A350 · A380

South African Airways Airbus A340-200.JPG
Airbus A340-200 van Suid-Afrikaanse Lugdiens by Lughawe "München Franz Josef Strauss" in Augustus 2009
Tipe Wye-romp passasierstraler
Vervaardiger Airbus
Ontwerp deur Airbus
Nooiensvlug 25 Oktober 1991
Bekendstelling 15 Maart 1993 met Lufthansa
Status Vervaardiging gestaak, steeds in gebruik
Hoofgebruikers Lufthansa
Iberia
Virgin Atlantic
Suid-Afrikaanse Lugdiens
Vervaardig 1993–2011[1]
Aantal gebou 377 teen Desember 2012
Eenheidskoste * A340-200: VS$ 87 miljoen of sowat £53 miljoen (1989)
  • A340-300: VS$238.0 miljoen (2011)[2]
  • A340-500: VS$261.8 miljoen(2011)[2]
  • A340-600: VS$275.4 miljoen(2011)[2]
Ontwikkel van Airbus A300

Beskrywing[wysig]

Die Airbus A340 is 'n langreikafsand, viermotorige kommersiële wyeromp passasiersvliegtuig. Dit is ontwikkel en vervaardig deur Airbus S.A.S., 'n konsortium van Europese Ruimte maatskappye, 'n filiaal van die Airbus Group (voorheen bekend as EADS). Die A340 se finale montering was by Toulouse, Frankryk.

Ontwerp[wysig]

Die A330 en A340 is volledig met behulp van rekenaarsteunontwerp (CAD) ontwerp, wat 'n eerste was vir passasiersvliegtuie . Die tegnologie en die gemak van gebruik van die A330 en A340 is soortgelyk. Die kajuit het "fly-by-wire"-tegnologie wat sterk steun op dié van die vorige Airbus.

Dit het sitplek vir tot 375 passasiers in die standaard variante en 440 in die gestrekte -600 reeks. Afhangende van die model, het dit 'n reikafstand van tussen 12 400 tot 16 700 km (6700 tot 9000 seemyl). Dit is soortgelyk in ontwerp aan die tweemotorige A330 wat gelyktydig ontwerp is. Die onderskeidende kenmerke is vier hoë-omleiding turbowaaier enjins en 'n drie-stuks hooflandingstoestelle.

Vervaardiging[wysig]

Die Airbus A340 is in verskeie lande geproduseer: British Aerospace in Engeland het die vlerke, Daimler Chrysler Airbus in Duitsland en Aerospatiale in Frankryk het die rompdele en die stertstuk kom van CASA in Spanje. Alle dele word hierna na Toulouse vervoer, waar hulle aanmekaar gesit word in die fabriek Clement Ader, terselfdertyd ook die A330, omdat die vliegtuie byna identies is. So was daar twee monteerbane waarop, afhangende van die vraag, 'n A330 of 'n A340 gebou is. Na die rowwe bouwerk het die vliegstel na een van die vier toetsbeddens beweeg, waar alle elektriese en hidrouliese stelsels getoets is. Verskeie kleiner verskaffers uit die Verenigde State van Amerika en ander lande in Europa, bv. Nederland en Spanje was betrokke by die produksie van sommige onderdele.

Kajuit[wysig]

Airbus het die A340 in vier romplengtes vervaardig. Die aanvanklike variant, A340-300, wat in diens geneem is in 1993, se lengte was 59.39 meter (194.8 vt). Die korter -200 is volgende ontwikkel en die A340-600 het 15.91 meter (52.2 vt) gerek van die -200 af. Die -600 is sy-aan-sy ontwikkel met die korter A340-500, wat die langste-reik kommersiële vliegtuig geword het tot met die koms van die Boeing 777-200LR. Aanvanklike A340-weergawes deel die romp en vlerke van die A330, terwyl die -500/-600 modelle langer is met groter vlerke. [5]

Stuurkajuit en avionika[wysig]

Die stuurkajuit van Lufthansa se A340-642.

Airbus het 'n soortgelyke stuurkajuituitleg, prosedures en hanteereienskappe in die A340 gebruik as wat in ander Airbusvliegtuie gebruik word, ten einde die opleidingskoste van vliëniers en bemanning te beperk. Die kajuit van die A340-600 verskil egter van vorige weergawes deur die "Active Matrix Liquid Crystal Displays" (AMLCDs), met 'n groter beeldoppervlak en 'n skerper beeld as die LED-monitors in die A340-300.

Motore[wysig]

’n CFM56-straalenjin uitgestal op 'n lugskou in Frankryk.

Die eerste twee modelle is aangedryf deur die CFM56-5C wat gegradeer is op 151 kN (34 000 lbf). Rolls-Royce hou egter eksklusiewe kragbronregte op die verlengde-reik en swaarder -500 en -600 modelle, waar die Die Rolls-Royce Trent 500 van 267 kN (60 000 lbf) ingespan word.

Eerste vlug[wysig]

Die A340 het vir die eerste keer op 25 Oktober 1991 opgestyg. Die eerste produksiemodelle is in 1993 aan Lufthansa en Air France aanbied wat die nuwe modelle dadelik in diens gestel het.

Grootste gebruikers[wysig]

Op 29 Desember 2011 was die volgende lugrederye die grootste gebruikers van die Airbus A340.

Foto's van verskeie lugrederye se A340s[wysig]

Tabel: tydlyn Airbus A3xx-serie[wysig]

1970 1980 1990 2000 2010
0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9
A300
A310
A318
A319
A320
  = In produksie A321
  = Uit produksie A330
  = Toekoms A340
  = Toekomstige modelle A350
A380


Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Airbus A340 (kategorie)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.