Alfred, Hertog van Sakse-Koburg en Gotha

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Prins Alfred
Hertog van Sakse-Koburg en Gotha
Hertog van Edinburg
Alfred, Duke of Saxe-Coburg and Gotha.png
Volle naam Alfred Ernest Albert
Eggenote Groothertogin Maria Aleksandrowna van Rusland
Kinders Alfred, Marie, Victoria Melita, Alexandra, Beatrice
Titels SKH Hertog van Sakse-Koburg en Gotha
SKH die Hertog van Edinburg
SKH prins Alfred
Huis Huis van Sakse-Koburg en Gotha
Vader Albert van Sakse-Koburg en Gotha
Moeder Victoria van die Verenigde Koninkryk
Gebore 6 Augustus 1844; Windsor-kasteel, Berkshire
Oorlede 30 Julie 1900; Rosenau-kasteel, Koburg

Alfred, die Hertog van Sakse-Koburg en Gotha (Alfred Ernest Albert; 6 Augustus 1844 – 30 Julie 1900) was die tweede seun en vierde kind van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk en Albert van Sakse-Koburg en Gotha. Hy het op 24 Mei 1866 die titels Hertog van Edinburg, Graaf van Kent en Graaf van Ulster gekry. Op 23 August 1893 het hy sy oom Ernst as die heersende Hertog van Sakse-Koburg en Gotha in die Duitse Ryk opgevolg.

Huwelik[wysig]

Op 23 Januarie 1874 het die Hertog van Edinburg in die Winterpaleis, Sint Petersburg, getrou met groothertogin Maria Aleksandrowna van Rusland, die tweede (en enigste oorlewende) dogter van tsaar Aleksander II van Rusland en sy vrou, Marie van Hesse en by Ryn. Om dit te vier, het ’n klein Engelse bakkery die nou internasionaal gewilde Mariebeskuitjie gemaak, met die hertogin se naam bo-op gegraveer.[1]

Latere lewe[wysig]

Die hertog se enigste seun, erfprins Alfred, het in ’n skandaal betrokke geraak oor sy minnares en homself in Januarie 1899 geskiet, te midde van sy ouers se viering van hul 25ste huweliksherdenking. Hy het dit oorleef, maar sy verleë ouers het hom na Meran gestuur om te herstel. Hy is twee weke later, op 6 Februarie, hier dood. Die hertog self is op 30 Julie 1900 aan keelkanker dood by Schloss Rosenau, sy somerwoning buite Koburg. Hy is opgevolg as die Hertog van Sakse-Koburg en Gotha deur sy broerskind, prins Charles Edward, Hertog van Albany.

Kinders[wysig]

Naam Gebore Dood Notas
Prins Alfred 15 Oktober 1874 6 Februarie 1899 Erfprins van Sakse-Koburg en Gotha vanaf 22 Augustus 1893
Prinses Marie 29 Oktober 1875 18 Julie 1938 Getroud met koning Ferdinand van Roemenië
Prinses Victoria Melita van Sakse-Koburg en Gotha 25 November 1876 2 Maart 1936 Getroud met (1) Ernst Ludwig, Groothertog van Hesse en by Ryn; geskei

(2) Groothertog Kirill Wladimirowitsj van Rusland

Prinses Alexandra van Sakse-Koburg en Gotha 1 September 1878 16 April 1942 Getroud met prins Ernst van Hohenlohe-Langenburg
Stilgebore seun 13 Oktober 1879 13 Oktober 1879
Prinses Beatrice van Sakse-Koburg en Gotha 20 April 1884 13 Julie 1966 Getroud met Don Alfonso, Infante van Spanje

Erflatenskap in Suid-Afrika[wysig]

Die Victoria & Alfred Waterfront in Kaapstad is na prins Alfred en koningin Victoria genoem. Die prins het die bou van die hawe in 1860 begin toe hy Suid-Afrika besoek het. Die eerste hawekom is na hom genoem en die tweede na sy ma, vandaar die naam.

Daar is ’n Prins Alfred-straat in Pietermaritzburg, Queenstown, Grahamstad, Durban en Caledon.

Port Elizabeth se Fifa-wêreldbekerstadion word in Prince Alfred-park gebou.

Prins Alfred het Port Elizabeth op 6 Augustus 1860 binnegevaar en sy 16de verjaardag daar gevier.[2]

Daar was baie jare lank ’n Prins Alfred-hospitaal in Grahamstad.

Die Alfred-roeiklub is in 1864 in Tafelbaai gestig.

Prince Alfred's Hamlet is ’n dorp in die Wes-Kaap.

Die dorp Port Alfred lê aan die Kowie-rivier in die Oos-Kaap.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
  1. La Tienda, 2-Pack Maria Cookies by Cuetera, http://www.tienda.com/food/products/co-01-2.html 
  2. http://www.theherald.co.za/colarc/hughb/hb07122007.htm]
  • McKinlay, Brian The First Royal Tour, 1867-1868, (Londen: Robert Hale & Company, c1970, 1971) 200p. ISBN 0-7091-1910-0