Caledon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Caledon
Ligging van Caledon op 'n kaart (Wes-Kaap)
Caledon
Caledon
Koördinate: 34°13′48″S 19°25′42″O Koördinate: 34°13′48″S 19°25′42″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Overberg
Plaaslike Munisipaliteit Theewaterskloof
Oppervlak
 - Stad 13 km²  (5 vk m)
Bevolking (2001)
 - Stad 10 650
 - Digtheid 819,2/km² (2 121,7/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 7230
Skakelkode(s) 028
Ds. Ebbe Dommisse was NG leraar van 1920 tot 1936 en het hom veral beywer vir 'n orrel in die ou kerkgebou.
Donkinstraat op Caledon bevat 'n aantal goed bewaarde ou geboue, waaronder die Good Hope-gebou en die Eerste Nasionale Bank.
Die Anglikaanse kerk in Prins Alfredstraat met op die agtergrond die toring van die NG moedergemeente.
Die betreklike moderne kerkgebou van die NG gemeente Caledon.

Caledon is 'n dorp in die Wes-Kaap aan die voet van die Klein Swartberg, 125 km oos-suidoos van Kaapstad en 72 km noordwes van Bredasdorp. Die dorp is 244 meter bo seespieël aan die N2 nasionale pad tussen Kaapstad en Port Elizabeth geleë in 'n distrik, algemeen bekend as die Overberg, wat bekend is om sy pragtige natuurtonele en die staalfontein. Dit is wêreldberoemd om sy groot verskeidenheid heide, protea en ander veldblomtipes. Daar is ook 'n casinokompleks op die dorp.

Geskiedenis[wysig]

Die eerste vestiging deur blankes het in omstreeks 1715 begin. Mettertyd het die dorp 'n gewilde gesondheidsoord geword na aanleiding van die warm staalfontein. Dit het eers bekend gestaan as Zwarte Berg of Zwartebergbad, maar is op 13 Desember 1813 hernoem na die graaf van Caledon (Du Pré Alexander, graaf van Caledon), goewerneur van die Kaap van 1807 tot 1811. 'n Dorpsbestuursraad is in 1840 ingestel en munisipale status op 1 Januarie 1884 toegeken.

Staalfontein[wysig]

Sewe fonteine met staalwater bereik die oppervlak op min of meer dieselfde plek. Ses se temperatuur is sowat 50 grade Celcius, terwyl die sesde se water koud is. Die fontein lewer 900 000 liter water per dag. Die water is ysterdraend en bevat ook nog ander opgeloste minerale en bevat volgens oorlewering genesende kragte.

In 1709 het die eerste wit nedersetter, Ferdinand Appel, 'n huisie vir die siekes by die fontein gebou. Dit was die oorsprong van die fraai dorp. In 1946 is 'n sanatorium en ontspanningkompleks by die bron deur 'n brand in puin gelê. Dit is nooit herbou nie, hoewel daar 'n woonwapark en 'n swembad op die plek staan.

Botaniese tuin[wysig]

Caledon is ook beroemd om sy botaniese tuin. Dit is in 1927 gestig en beslaan meer as 10 hektaar vallei en berghang. Hier word jaarliks in September 'n veldblommeskou gehou.

Opvoeding[wysig]

Die voormalige model C-skool, Hoërskool Overberg, het in 2007 552 leerders gehad, en die gelyknamige laerskool 444. Vir die bruin gemeenskap is daar die Laer- en Hoërskool Swartberg, met onderskeidelik 753 en 696 leerders in 2007. Op die dorp en in die omgewing is altesaam 15 skole, waarvan twee hoërskole en drie privaat voorskole is.

Bronne[wysig]

  • Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
  • Raper, P.E., Dictionary of South African Place Names, Lowry Publishers, Johannesburg, 1987.
  • Scannell, J.P., Die Afrikaanse Kernensiklopedie, Nasionale Boekhandel Beperk, Kaapstad (et. al.), 1965.
  • Kelly, Maureen, Amptelike Suid-Afrikaanse Munisipale Jaarboek, HELM Publikasies, Johannesburg, 1986..
  • Mayhew, Vic (red.), ‘’Reader’s Digest Illustrated Guide to Southern Africa’’, The Reader’s Digest Association South Africa (Pty.) Limited, Kaapstad, 1980.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Caledon (kategorie)


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Eden | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg