Queenstown

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Queenstown
Komani
Queenstown se stadsaal.
Queenstown se stadsaal.
Bynaam: Rooshoofstad van Suid-Afrika
Ligging van Queenstown op 'n kaart (Oos-Kaap)
Queenstown
Queenstown
 Queenstown se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 31°54′0″S 26°53′0″O Koördinate: 31°54′0″S 26°53′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distrik Chris Hani
Munisipaliteit Lukhanji
Stigting 1853
Regering
 - Tipe Plaaslike Munisipaliteit
Oppervlak[1]
 - Dorp 71,3 km²  (27,5 vk m)
Hoogte 1 067 m (3 501 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 68 872
 - Digtheid 966/km² (2 501,9/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 81.8%
 • Kleurling 10.0%
 • Indiër/Asiër 1.1%
 • Blank 6.5%
 • Ander 0.6%
Taal (2011)[1]
 • Xhosa 75.2%
 • Afrikaans 13.8%
 • Engels 7.3%
 • Ander 3.7%
Poskode (straat) 5320
Poskode (posbus) 5319
Skakelkode(s) 045

Queenstown is 'n dorp in die Suid-Afrikaanse provinsie Oos-Kaap, wat in September 1853 deur sir George Cathcart gestig en deur die eerste setlaars in die vorm van 'n seshoek aangelê is. Dit was een van die laaste plattelandse dorpe met 'n eie dagblad, die Daily Representative, wat tans weekliks verskyn.

Die Anglikaanse kerk St. Michael & All Angels op Queenstown.
Die Rooms-Katolieke katedraal.
Queen's College is die dorp se roemryke openbare hoërskool vir seuns. Op die agtergrond is Hangklip, waarna die Hoërskool Hangklip genoem is.
Die kerkgebou van die NG gemeente Queenstown is ontwerp deur Wynand Louw en die hoeksteen in 1923 gelê.

Opvoeding[wysig]

Queenstown is 'n belangrike opvoedkundige sentrum. Die geskiedenis van die Hoërskool Hangklip begin in 1885, 27 jaar na die roemryke Queen's College. Dit het ontstaan as 'n dubbelmedium-laerskool, Queen's Drive Primêre Skool. Die Afrikaanse gemeenskap het van krag tot krag gegaan en pogings aangewend om Afrikaans sy regmatige plek op die dorp te gee. Die strewe is vervul in 1947 toe Afrikaans die onderrigtaal in die hoërskool geword het onder die skoolhoof D.B. Malan. Dit is voorafgegaan deur die eerste st. 8-klas in 1942. In daardie jaar het die skool sy huidige naam gekry toe die skoolkomitee, onder leiding van ds. Pollock, besluit het om dit na die berg by die dorp te vernoem. Die skool se status is in 1945 tot dié van hoërskool verhef en in Januarie 1946 is die eerste st. 9-klas by die skool ingevoer. Die getalle het in so 'n mate toegeneem dat pogings aangewend is om 'n afsonderlike hoërskool te bou.

Die eerste sooi vir die nuwe hoërskool is op 15 Julie 1952 gespit deur mev. E. Louw, 'n lid van die skoolkomitee. Die gebou is op 20 Januarie 1954 ingewy, 'n trotse dag in die skool se geskiedenis. Vandag is dit die grootste Afrikaansmediumskool in die Grens-gebied. Die skool het 'n goeie rekord in rugby en het reeds 'n Springbok (Chris de Wilzem, in 1956) opgelewer. Daar bestaan gesonde mededinging tussen Hangklip en die twee ander groot Afrikaanse skole in die Grens-gebied, dié op Aliwal-Noord en Hoërskool Grens in Oos-Londen.

Queen's College het sy oorsprong in 1855 met die stigting van die eerste skool op Queenstown. Die skool het in 1869 saamgesmelt met 'n privaatskool wat twee jaar vantevore gestig is. Meisies is die eerste keer in 1875 tot die Boy's Public School toegelaat en die naam is in 1880 gewysig tot Queenstown High Skool. In 1887 word die Boy's High School opnuut gestig en die ou skool word terselfdertyd die Girls' High School. Die seunskool se gebou is in Julie 1898 amptelik geopen deur sir Thomas Muir. In 1902 smelt dit saam met die Wesleyaanse skool. Die huidige naam, Queen's College Boys' High School, is eers in 1925 aanvaar.

NG gemeente[wysig]

Vir hoofartikel, sien NG gemeente Queenstown

Die eerste NG gemeente is op 16 Desember 1853 van die gemeente Cradock afgestig. Die hoeksteen van die eerste kerkgebou is in September 1855 gelê. Die gemeente het snel uitgebrei en 'n nuwe kerkgebou is op 18 April 1925 ingewy. Dit is ontwerp deur die gevierde Suid-Afrikaanse argitek Gerard Moerdijk en is soortgelyk aan dié van die NG gemeente Harare en van Louis Trichardt se moedergemeente. Die Oos-gemeente is in 1953 afgestig en die Noord-gemeente in 1972. Mettertyd het baie lidmate weggetrek, sodat die twee dogtergemeentes in 1982 saamgesmelt het as Queenstown-Tuine. Die gemeente is op sy beurt weer by die moedergemeente ingelyf. In 1979 was hier byna 2 000 belydende (volwasse) NG lidmate. In 2008 het die getal afgeneem tot sowat 1 100 en teen 2010 tot sowat 870.

Trivia[wysig]

Die dorp beskik oor 'n toerisme-infrastruktuur met bergpaaie, piekniekplekke en 'n natuurreservaat in sy omgewing. Die N6 nasionale pad gaan deur Queenstown.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Queenstown en Mlungisi tydens die 2011-sensus.

Eksterne skakel[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Queenstown (kategorie)