Goewerneur-generaal van Suid-Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika was die verteenwoordiger van die Britse Kroon in Suid-Afrika tussen 31 Mei 1910 en 31 Mei 1961. Die Unie van Suid-Afrika was 'n Gemenebes Koninkryk (Engels: Commonwealth Realm) waarin Koningin Elizabeth II die titel "Koningin van Suid-Afrika" gehad het al het sy die land nooit in die hoedanigheid besoek nie.

Sommige van die draers van die pos was lede van die Britse Koninklike Familie insluitend Prins Arthur van Connaught, tussen 1920 en 1923, en die Graaf van Athlone, wat tussen 1923 en 1930 gedien het voor hy die Goewerneur-generaal van Kanada geword het. Soos in ander Dominions, sou dit verander met slegs Suid-Afrikaanse burgers wat die amp in latere jare gedra het. In daardie jare was die ampsdraers natuurlik almal blankes.

Republikeinse strewe[wysig]

Die Nasionale Party met sy hoofsaaklik Afrikanerbasis, wat in 1948 aan bewind gekom het, was uitgesproke republikeins en het Suid-Afrika se volgehoue bande met die Kroon as 'n oorblyfsel van Britse imperialisme gesien. Onder die Nasionale Party is die amp van Goewerneur-generaal beklee deur afgetrede regerings ministers, wat geweier het om die tradisionele 'koloniale' Windsor uniform te dra wat uit 'n blou militêre baadjie en 'n geveerde hoed bestaan het. In 1957 het God Save the Queen opgehou om gelyke status met Die Stem van Suid-Afrika as nasionale volkslied te hê, en het die Britse Union Jack op soortgelyke wyse gelyke status met die Suid-Afrikaanse vlag verloor.

In 1960 het die Eerste Minister van Suid-Afrika, Hendrik Verwoerd 'n referendum oor die republikeinse saak onder wit kiesers gehou. Besware is gemaak teen die vermindering van die stemouderdom na 18 en die insluiting van wit kiesers in Suidwes-Afrika, maar op 5 Oktober 1960 was 52% van die stemme ten gunste van die vraag: 'Steun u 'n republiek vir die Unie?'.

Charles Robberts Swart, die laaste Goewerneur-generaal, het die Offisier wat die Regering Administreergeword in April 1961 onder 'n tussentydse maatreël voor hy ingesweer is as die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei daardie jaar.

Goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika[wysig]

Kyk ook[wysig]


Goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika Flag of South Africa 1928-1994.svg
Die Burggraaf Gladstone | Die Burggraaf Buxton | HRH Prince Arthur van Connaught | Die Graaf van Athlone | Die Graaf van Clarendon | Sir Patrick Duncan | Nicolaas Jacobus de Wet | Gideon Brand van Zyl | Ernest George Jansen | Lucas Cornelius Steyn | Charles Robberts Swart