Grand Slam (Rugby)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

'n Grand Slam kan in rugby op twee maniere behaal word: deur 'n besoekende span wat al vier Tuisunies in 'n ry verslaan of tydens die Ses Nasies-kampioenskap, of die voorgangers daarvan, as 'n span al sy opponente verslaan.

Ses-Nasies Kampioenskap[wysig]

In die Ses Nasies-kampioenskap en die Vyf Nasies-toernooi wat dit voorafgegaan het, word 'n grand slam behaal as 'n span al sy opponente in een seisoen se kompetisie klop.[1] Daar is geen amptelike trofee vir die prestasie nie.

Die term is waarskynlik vir die eerste keer in 1957 gebruik toe die Times die uitdrukking ‘Grand Slam’ gebruik het om Engeland se vier oorwinnings in die toenmalige Vyf Nasies-toernooi te beskryf.

Geen span kon tot dusver drie opeenvolgende Grand Slams wen nie. Drie spanne, Wallis in 1908/1909, Engeland in 1913/1914, 1923/1924 en 1991/1992 en Frankryk in 1997/1998 het reeds twee agtereenvolgende Grand Slams gewen. In 2005 het Wallis die eerste span geword om 'n Grand Slam te wen met meer weg- as tuiswedstryde.

Daar is reeds 23 Grand Slam titels behaal sedert die Tweede Wêreldoorlog. Frankryk het agt daarvan gewen, gevolg deur ses elk deur Engeland en Wallis. Skotland het die Grand Slam twee keer gewen en Ierland een keer.

'n Soortgelyke konsep is die Triple Crown. As een van die Britse Tuisunies (Engeland, Skotland, Wallis of Ierland) daarin slaag om die ander drie te klop wen hulle die Triple Crown. Dit is in 2007 deur Ierland behaal in 'n jaar wat daar nie 'n Grand Slam-wenner was nie.

Grand Slams
Span Kompetisies
(ru) ENG 1913, 1914, 1921, 1923, 1924, 1928, 1957, 1980, 1991, 1992, 1995, 2003 (12 keer)
(ru) WAL 1908, 1909, 1911, 1950, 1952, 1971, 1976, 1978, 2005, 2008 (10 keer)
(ru) FRA 1968, 1977, 1981, 1987, 1997, 1998, 2002, 2004 (8 keer)
(ru) SCO 1925, 1984, 1990 (3 keer)
(ru) IRE 1948, 2009 (2 keer)
(ru) ITA
1882-1907 Nie moontlik omdat Frankryk nie aan die kampioenskap deelgeneem het nie
1908 (ru) WAL
1909 (ru) WAL
1910 Nie behaal nie
1911 (ru) WAL
1912 Nie behaal nie
1913 (ru) ENG
1914 (ru) ENG
1915-19 Nie gehou nie as gevolg van die Eerste Wêreldoorlog
1920 Nie behaal nie
1921 (ru) ENG
1922 Nie behaal nie
1923 (ru) ENG
1924 (ru) ENG
1925 (ru) SCO
1926-27 Nie behaal nie
1928 (ru) ENG
1929-31 Nie behaal nie
1932-39 Nie moontlik nie agv die uitskop van Frankryk uit die kampioenskap
1940–46 Nie gehou nie agv die Tweede Wêreldoorlog
1947 Nie behaal nie
1948 (ru) IRE
1949 Nie behaal nie
1950 (ru) WAL
1951 Nie behaal nie
1952 (ru) WAL
1953-56 Nie behaal nie
1957 (ru) ENG
1958-67 Nie behaal nie
1968 (ru) FRA
1969-70 Nie behaal nie
1971 (ru) WAL
1972-75 Nie behaal nie
1976 (ru) WAL
1977 (ru) FRA
1978 (ru) WAL
1979 Nie behaal nie
1980 (ru) ENG
1981 (ru) FRA
1982-83 Nie behaal nie
1984 (ru) SCO
1985-86 Nie behaal nie
1987 (ru) FRA
1988-89 Not achieved
1990 (ru) SCO
1991 (ru) ENG
1992 (ru) ENG
1993-94 Nie behaal nie
1995 (ru) ENG
1996 Nie behaal nie
1997 (ru) FRA
1998 (ru) FRA
1999-2001 Nie behaal nie
2002 (ru) FRA
2003 (ru) ENG
2004 (ru) FRA
2005 (ru) WAL
2006-07 Nie behaal nie
2008 (ru) WAL
2009 (ru) IRE

Grand Slamtoer[wysig]

'n Grand Slamtoer is 'n toer na die Britse Eilande waarin daar toetse teen elkeen van die vier Tuisunies gespeel word (Engeland, Skotland, Wallis en Ierland). Indien die besoekende span al vier dié toetse wen behaal die span 'n grand slam. Daar is geen amptelike rigsnoer van die IRR omtrent wat die konsep van 'n Grand Slamtoer behels nie — byvoorbeeld, of 'n toerspan teen elk van die huidige Ses Nasies spanne (die vier Tuisunies saam met Frankryk en Italië) 'n wen aanteken in dieselfde toer as 'n "ware Grand Slam" aangeteken behoort te word of nie.

Geen span wat in Europa getoer het, het al 'n "ware Grand Slam" probeer behaal in die Ses Nasies-era (sedert Italië se toetrede in 2000) nie. 'n Grand Slam teen die vier Tuisunies in dieselfde toer is reeds vier keer deur Suid-Afrika, drie keer deur Nieu-Seeland en een keer deur Australië behaal. Australië is ook die enigste land van die Suidelike Halfrond wat teen elk van die Tuisunies op 'n Grand Slamtoer verloor het in 1957-58.

Suid-Afrika is die enigste land wat 'n Grand Slam teen die Vyf Nasies kon behaal: in die Grand Slamtoere van 1912-13 en 1951-52 het die Sprinkbokke ook teen die Hane gespeel en gewen.

(ru) RSA(ru) RSA 1912–13, 1931–32, 1951–52, 1960–61
(ru) NZL 1978, 2005, 2008
(ru) AUS 1984

As gevolg van die opeenhoping van wedstryde in internasionale rugby het Grand Slamtoere minder algemeen begin word. Die laaste suksesvolle Grand Slamtoer was in 2008 toe Nieu-Seeland hulle derde Grand Slam behaal het. Die All Blacks se vorige toer in 2005 was aanvanklik geskeduleer vir drie Toetswedstryde; die laat toevoeging van die wedstryd teen Wallis het dit moontlik gemaak vir die All Blacks om 'n Grand Slam te oorweeg. Om daarmee saam te gaan het Nieu-Seeland slegs Toetswedstryde in 2005 en een vriendskaplike wedstryd in 2008 (teen Munster van Ierland) gespeel in teenstelling met die gereelde wedstryde in die middel van die week asook naweke teen provinsiale spanne, wat ander Grand Slamtoere gekenmerk het.

Lys van Grand Slamtoere (teen al vier Tuisunies)[wysig]

Span Behaal Jaar
(ru) NZL 1905-1906
Suid-Afrika onder die Union Jack 1906
(ru) RSA Ja 1912-1913
(ru) AUS 1927-1928
(ru) RSA Ja 1931-1932
(ru) NZL 1935-1936
(ru) AUS 1947-1948
(ru) RSA Ja 1951-1952
(ru) NZL 1953-1954
(ru) AUS 1958
(ru) RSA Ja 1960-1961
(ru) NZL 1963-1964
(ru) AUS 1966-1967
(ru) RSA 1969-1970
(ru) NZL 1972-1973
(ru) AUS 1975-1976
(ru) NZL Ja 1978
(ru) AUS 1981-1982
(ru) AUS Ja 1984
(ru) RSA 1998
(ru) RSA 2004
(ru) NZL Ja 2005
(ru) NZL Ja 2008
(ru) AUS 2009

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]