Galjoen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Galjoen
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Dichistiidae
Genus: Dichistius
Spesie: D. capensis
Binomiale naam
Dichistius capensis
(Cuvier, 1831)

Die Galjoen (Dichistius capensis) is 'n vis endemies aan Suider-Afrika en kom voor aan die wes- en suidkus vanaf Namibië tot by Durban. In Engels staan die vis ook as die Galjoen bekend.

Voorkoms[wysig]

In rotsareas is die vis swartbruin tot donkergrys en word binne sekondes silwerkleurig wanneer dit oor wit sandareas beweeg. Dit het 'n dik lyf en klein skubbetjies. Dit kan 'n lengte van tot 80 cm bereik en word 6.5 kg swaar. Dit is ook Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika se nasionale vis.

Habitat[wysig]

Die vis kom voor in onstuimige water in rotsagtige en sandstrande met sterk golfaksie. Hulle vreet mossels, eendmossels, rooiaas, alge en borselwurms. Hulle neig om aan 'n gebied gebonde te wees. Die wyfies bereik volwassenheid sodra hulle 34 cm lank is na ongeveer ses jaar. Hulle broei van Oktober tot Maart.

Dit is 'n gesogte eetvis. Die SADSAA hengelrekord is 1.8 kg.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Eksterne skakel[wysig]