Suiwelproduk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Voorbeelde van suiwelprodukte.

Suiwelprodukte is voedsel wat van die melk van soogdiere vervaardig word. Voorbeelde van suiwel sluit in, kaas, botter, roomys, jogurt, karringmelk, kondensmelk, poeiermelk, ens.

Suiwelprodukte is gewoonlik hoë energie-verskaffende voedselprodukte. Dit word meestal van bees- en bokmelk gemaak, maar kan ook van die melk van ander soogdiere afkomstig wees. Suiwelprodukte word algemeen in Europese, Middel-Oosterse en Indiese geregte aangetref, terwyl dit amper onbekend in geregte van Oos-Asië is.