Bethulie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bethulie
Ligging van Bethulie op 'n kaart (Vrystaat)
Bethulie
Bethulie
Ligging van Bethulie op 'n kaart (Suid-Afrika)
Bethulie
Bethulie
Koördinate: 30°29′50″S 25°58′23″O Koördinate: 30°29′50″S 25°58′23″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distriksmunisipaliteit Xhariep
Plaaslike Munisipaliteit Kopanong
Stigting 1829
Oppervlak
 - Dorp 37 km²  (14,3 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 6 497
 - Digtheid 180/km² (466,2/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 9992
Bethulie se NG kerkgebou in 2012.
Bethulie se Gereformeerde kerkgebou, ontwerp deur die argitek Wynand Louw. Die hoeksteen is gelê op 16 Februarie 1924.
Bethulie in die laatrepublikeinse tydperk, waarskynlik omstreeks 1895.
Die Hoërskool Pellissier op Bethulie is so genoem ter ere van die Franse sendeling Jean Pellissier.

Bethulie is 'n dorp in die suide van die Suid-Afrikaanse provinsie Vrystaat, 180 km suid van Bloemfontein, met 2 100 inwoners (2011-sensus), van wie 514 (24,5%) wit was[2].

Alhoewel Bethulie nie langs een van die provinsiale hoofpaaie lê nie, dien die dorp nogtans as 'n landbou- en spoorwegsentrum. Die naam, wat letterlik "deur God uitverkies" beteken, gaan terug op die direkteurs van die plaaslike sendingstasie, wat as die bakermat van die dorp gedien het. Die sendingstasie se hoofgebou, Pellisierhuis, die voormalige tuiste van die Franse sendeling eerw. Jean Pellissier, dateer van 1843 en word as die oudste gebou noord van die Oranjerivier beskou.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is van die grootste Britse konsentrasiekampe in Bethulie opgerig. Bethulie is ook die geboorteplek van die bekende Suid-Afrikaanse akteur: Patrick Mynhardt, ook bekend as die Boytjie van Bethulie.

D.H. Steynbrug naby Bethulie

Besienswaardighede[wysig]

  • Die Pellisierhuismuseum is op 20 Julie 1979 geopen en behandel die geskiedenis van Bethulie en sy omgewing. Die huis vertoon ook 'n versameling van 19de eeuse huis- en landbougereedskap en oorblyfsels van die Vryheidsoorlog.
  • Die D H Steynbrug naby Bethulie oorspan die Oranjerivier en is met 2 993 meter die langste in Suid-Afrika.
  • Die belangrikste toeristebestemmings in die omgewing is Bethuliedam met uitstekende watersportgeriewe en die Mynhardtwildtuin.

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Bethulie (kategorie)

Nota: Afstande per pad gemeet[3]

Verwysings[wysig]

  1. Somtotaal van hoofplekke Bethulie en Lephoi tydens die 2011-sensus
  2. 2011-sensus - Bethulie
  3. Reisafstande na Bethulie