Langebaan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Langebaan
Ligging van Langebaan op 'n kaart (Wes-Kaap)
Langebaan
Langebaan
 Langebaan se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°5′30″S 18°2′0″O Koördinate: 33°5′30″S 18°2′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Weskus
Munisipaliteit Saldanhabaai
Oppervlak[1]
 - Dorp 20,17 km²  (7,8 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 8 297
 - Digtheid 411/km² (1 064,5/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 7.4%
 • Kleurling 34.7%
 • Indiër/Asiër 0.5%
 • Blank 56.0%
 • Ander 1.4%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 76.2%
 • Engels 19.2%
 • Xhosa 1.3%
 • Ander 3.3%
Poskode (straat) 7357
Poskode (posbus) 7357
Skakelkode(s) 022
Webwerf: http://www.saldanhabay.co.za
Die Weskus Nasionale Park lê net suid van Langebaan
Langebaan is 'n gewilde vakansie-oord

Langebaan is een van die snelgroeiendste kusdorpe in Suid-Afrika, sowat 120 km noord van Kaapstad en sowat 15 km suidoos van Saldanha aan die Langebaan-strandmeer in die munisipale gebied Saldanhabaai geleë. Die dorp is in die landdrosdristrik Hopefield geleë. Vanaf vroeg 2007 sit die hof elke Dinsdag ook op Langebaan in die veeldoelige gemeenskapsentrum.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die eerste persoon wat hom hier gevestig het was 'n matroos, William Smith, wie se afstammelinge nog steeds hier woon. In die 1820's het lord Charles Somerset 'n jaghut gebou op die plaas Oostewal. Die dorp is op die plaas Geitenmelksfontein ('Bokmelkfontein') gestig in 1870.

Besienswaardighede[wysig | wysig bron]

Die dorp se hoofaantrekkings buiten die meer is die nabygeleë Weskus Nasionale Park, watersport, veldblomme in die lente en Club Mykonos, 'n kasino en vakansie-oord in Griekse styl.

Bevolking[wysig | wysig bron]

Volgens die 2011-sensus het Langebaan 8 300 inwoners gehad. Na raming is 56% van die inwoners wit en oor die algemeen welgesteld.

Opvoeding[wysig | wysig bron]

Langebaan het een staatskool, die Primêre Skool Langebaan, asook 'n privaat laerskool, Topolino, en 'n privaat, gekombineerde skool, Curro, wat in 2007 met onderrig begin het.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Langebaan”. Sensus 2011.