Venterstad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Venterstad
Die NG kerkgebou op Venterstad
Die NG kerkgebou op Venterstad
Ligging van Venterstad op 'n kaart (Oos-Kaap)
Venterstad
Venterstad
 Venterstad se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 30°46′36″S 25°48′0″O Koördinate: 30°46′36″S 25°48′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Distrik Joe Gqabi
Munisipaliteit Gariep
Stigting 1875
Regering
 - Tipe Plaaslike Munisipaliteit
Oppervlak[1]
 - Dorp 18,1 km²  (7 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 4 989
 - Digtheid 276/km² (714,8/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 64.9%
 • Kleurling 33.4%
 • Indiër/Asiër 0.4%
 • Blank 0.8%
 • Ander 0.5%
Taal (2011)[1]
 • Xhosa 60.3%
 • Afrikaans 34.6%
 • Sotho 2.1%
 • Ander 2.9%
Poskode (straat) 9788
Poskode (posbus) 9788
Skakelkode(s) 051-654-
Die Gereformeerde kerk op Venterstad. Die gemeente is in 1875 gestig
Die skool op Venterstad.

Venterstad is 'n dorp op die noordwestelike uithoek van die Oos-Kaap en is naby die Gariepdam geleë. Die dorp is genoem na Johannes Venter.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is op 24 Februarie 1875 op die plaas van JJT Venter deur die Gereformeerde Kerk gestig en oorspronklik Ventersburg genoem. Die naam is gou verander om verwarring met Ventersburg in die Vrystaat te vermy, hoewel dit ná die Oos-Kaapse dorp gestig is. Die NG gemeente Venterstad is in 1882 van die NG gemeente Colesberg en die NG gemeente Burgersdorp afgestig nadat die Gereformeerde Kerk in 1878 40 erwe aan die Nederduitse Gereformeerde Kerk geskenk het. Munisipale status is in 1895 toegeken; die Gereformeerde kerk Venterstad was toe nog steeds die enigste geregistreerde eienaar van die dorp. Beheer het eers in 1930 na die munisipaliteit oorgegaan.

Distrik[wysig]

Merinoboerdery is die hoofbedryf in die distrik van 2 100 km2. Die bou van die Gariepdam in die 1960's het 'n hupstoot aan die voorspoed van die dorp gegee.

Besienswaardighede[wysig]

Die inlaat van die Oranje-Visrivier-tonnel is sowat 8 km noord van die dorp by Oviston. Die Oviston Natuurreservaat is wes van die dorp. Paul Kruger is volgens oorlewering op die plaas Vaalbank, sowat 20 km noordoos van die dorp, gebore.[2]

Sien ook[wysig]

Nota: Afstande per teerpad gemeet[3]

Verwysings[wysig]