Theuns Stofberg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Theuns Stofberg Sportportaal
Volle naam Marthinus Theunis Stofberg
Geboortedatum 6 Junie 1955 (1955-06-06) (58 jaar oud)
Geboorteplek Villiers, Suid-Afrika
Lengte 1.96 m
Gewig 106 kg
Rugbyloopbaan
Posisie(s) Flank
Provinsiale/Staatspanne    
Vrystaat
Noord-Tvl
WP
korrek op .
Nasionale span(ne) Wedst (pte)
1976-1984 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 21 ()
korrek op .
Ander Inligting
Skool Grey-kollege

Theuns Stofberg was die kaptein van die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan (Springbokke) vir vier toetse tussen 1980 en 1984.[1] Hy word onthou vir sy spoed en sy grootte, altwee merkwaardig vir 'n flank in daardie tyd, en altwee faktore wat gewoonlik nie saamgaan in rugby waar grootte regtig saak maak nie. Hy was Suid-Afrika se sewe-en-dertigste Springbokkaptein.

Vroeë lewe[wysig]

Hy is gebore as Marthinus Theunis Steyn Stofberg (vernoem na die President van die Oranje Vrystaat), in Villiers, Vrystaat op 6 Junie 1955. Hy het skoolgegaan te Grey-kollege in Bloemfontein, een van die vestings van Suid-Afrikaanse rugby. Hy het sy provinsiale loopbaan begin deur vir die Vrystaat te speel terwyl hy nog gestudeer het by die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. Toe hy opgeroep word vir militêre diensplig was hy geskuif na Pretoria waar hy begin speel het vir Noord-Transvaal, tans die Blou Bulle. Dit was gedurende hierdie tyd dat hy van krag tot krag gegaan het om sy plek in die nasionale span te vestig op flank.

Springbok loopbaan[wysig]

Hy het sy eerste toets gespeel op 14 Augustus 1976 teen Nieu-Seeland op die Vrystaat-stadion, Bloemfontein op die jong ouderdom van 21. Die Springbokke het die toets 9-15 verloor.

Hy het in 21 toetse gespeel en 6 drieë gedurende hierdie tyd gedruk. Sy eerste toets as kaptein was teen Argentinië op 18 Oktober 1980 toe die Springbokke 22-13 gewen het. Sy grootste toets as kaptein was toe hy die Springbokspan gelei het, nadat die gereelde kaptein Wynand Claasen beseer is, in die eerste toets van die berugte 1981 Springboktoer van Nieu-Seeland. Die toer was ontwrig deur protesteerders gedurende die wedstryde en word nou gesien as een van die mees belangrike toere in die geskiedenis van rugby. Stofberg het nie in die laaste van die drie toetsreekse gespeel nie, wat tydelik gestaak was deur 'n ligte vliegtuig wat meelbomme gegooi het, weens 'n kniebesering wat uiteindelik die einde van sy loopbaan beteken het.

Stofberg het Noord-Transvaal verlaat in 1982 en verhuis na hulle aartsvyande Westelike Provinsie Rugby Unie waar hy homself gevestig het en 'n fisioterapie-praktyk geopen het. Stofberg het die Springbokke in sy laaste twee toetse aangevoer teen Engeland in 1984, en altwee gewen en 'n drie in die tweede toets gedruk. Na nog 'n reeks-terugslag weens 'n kniebesering het hy uitgetree uit rugby in 1984 op die ouderdom van 29. Hy is die enigste speler in die geskiedenis wat die Curriebeker gewen het saam met drie verskillende spanne. Hy het titels gewen saam met Vrystaat (1976), Noord-Transvaal (1979 en 1980) en Westelike Provinsie (1982 en 1983).

Hy woon vandag steeds in Kaapstad waar hy 'n fisioterapie praktyk het.

Verwysings[wysig]

  1. Theuns Stofberg”. SA Rugby. URL besoek op 31 Augustus 2010.

Eksterne skakels[wysig]

Theuns Stofberg by www.genslin.us/bokke