Afrikaanse siwet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Afrikaanse siwet
Afrikaanse siwet, Civettictis civetta
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Carnivora
Familie: Viverridae
Subfamilie: Viverrinae
Genus: Civettictis
Spesie: C. civetta
Binomiale naam
Civettictis civetta
(Schreber, 1776)
Verspreiding
Verspreiding
Subspesies
C.c.civetta
C.c.australis
C.c.congica
C.c.pauli
C.c.schwarzi
C.c.volkmanni

Die Afrikaanse siwet (Civettictis civetta) is lid van die familie Viverridae en die subfamilie Viverrinae. Die soogdier kom is die noorde van Suid-Afrika, Zimbabwe, Mosambiek en die noorde van Botswana voor. Die dier staan ook bekend as die Siwetkat.

Bou[wysig]

Afrikaanse siwet

Die dier is gryswit met dowwe kolle op die voorkwarte en reëlmatige swartkolle wat op die agterkante oorgaan in strepe. Daar is 'n streep wat al op die rug langs loop wat tussen die ore begin. Die bene is swart en die stert is wollerig en gering met 'n swart punt. Die ore is gerond met wit punte. Sy totale lengte is 120-140 cm en die stert is 40-50 cm lang. Sy skouerhoogte is 40 cm en sy massa is 9-15 kg.

Habitat en gewoontes[wysig]

Hulle verkies bosveld met ruigtes en genoeg onderbos, verkieslik in 'n waterryke omgewing. Die diertjie is naglewend en sku. Hulle is op hul aktiefste vroeg in die aand en net voor sonop. Hulle is gewoonlik alleen. Hulle eet insekte, muise, wilde vrugte, reptiele, paddas en voëls. Hulle natuurlike vyande is die leeu, luiperd en die luislang. Een tot vier kleintjies word na 'n dratyd van ±2 maande tussen Augustus en Desember gebore.

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Afrikaanse siwet (kategorie)
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor:

Verwysings[wysig]

  1. Ray, J., Gaubert, P. & Hoffmann, M. (2008). “Civettictis civetta”. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2010.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. URL besoek op 12 Junie 2010.

Bron[wysig]