Altais

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Altais
Алтай тили, Altay tili
Gepraat in: Vlag van Rusland Rusland 
Gebied: Altai
Totale sprekers: 57 400[1]
Taalfamilie: Altaïes
 Turks
  Siberies-Turks
   Altais 
Skrifstelsel: Cyrilliese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Rusland Rusland
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: alt
ISO 639-3: alt atv, alt

Altais is ’n taal van die Turkse taalfamilie. Dit is naas Russies die amptelike taal van die Republiek van Altai en is voor 1948 Oirot genoem. In 2002 het sowat 67 900 mense dit gepraat.

Klassifikasie[wysig | wysig bron]

Vanweë sy afgesonderde posisie in die Altaiberge en kontak met omringende tale, word die klassifikasie van Altais binne die Turkse taalfamilie dikwels betwis. Weens sy geografiese nabyheid aan die tale Sjor en Chakas word dit soms in die Noord-Turkse subgroep geplaas.[2]

Vanweë ooreenkomste met Kirgisies word dit soms ook saam met die Kiptsjak-tale geklassifiseer.

Verspreiding[wysig | wysig bron]

Altais word hoofsaaklik gepraat in die Republiek van Altai (Suid-Altai) en die Altai-krai (Noord-Altai). Dit is saam met Russies die amptelike taal van die Republiek van Altai. Die amptelike taal is geskoei op die suidelike dialek, maar dit het in onlangse jare ook na die noordelike dele versprei.

Dit is tussen 1928 en 1938 met die Latynse alfabet geskryf. Sedert 1938 word die Cyrilliese alfabet gebruik.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Altai”. Ethnologue. URL besoek op 19 Oktober 2015.
  2. Etnologieverslag vir Noord-Turks”. SIL International: 2005. URL besoek op 14 September 2007.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Amptelike tale in die Russiese Federasie
AbazynsAdigiesAltaisAwaarsBasjkiriesBoerjatiesChakasiesChantiErzjaIngoesjetiesJakoetiesKabardiesKalmikiesKaratsjai-BalkariesKomi-SirjeensMansiMariMoksjaNenetsNogaiOedmoertsOssetiesRussiesTartaarsTiwaansTsjetsjniesTsjoektsjiesTsjoewasjies