Athelstan van Engeland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Athelstan
Koning van Engeland
Die graf van Athelstan.
Die graf van Athelstan.
Huis Wessex
Regeer 924939
Voorganger Ethelweard van Wessex
Opvolger Edmund I
Gebore 895
Oorlede 939
Vader Eduard die Ouere
Moeder Ecgwynn

Athelstan (89527 Oktober 939) was van 924 tot met sy dood koning van Engeland. Hy was waarskynlik die onwettige seun van Eduard die Ouere. Daar is twyfel oor die huwelikstaat van sy ouers.

Athelstan word wel beskou as die eerste werklike koning van Engeland. Hy het groot oorwinnings behaal oor sy vyande, waaronder die Dene, en het sy grondgebied uitgebrei na dele van Wallis en Cornwallis. Sy grootste oorwinning oor ’n vyandige bondgenootskap van Skotland, Wallis en die Vikings was in 937 in die Slag van Brunanburh.

Athelstan het wette uitgevaardig wat die bestuur oor sy grondgebied versterk het. Hy het bondgenootskappe gesluit deur vier van sy halfsusters te laat trou met Wes-Europese heersers. Hy was ook ’n kultuurliefhebber en die versamelaar van kunswerke. Hy het ’n groot deel daarvan aan sy volgelinge en die kerk weggegee om hul steun te verseker.

Athelstan het geen kinders gehad nie en is opgevolg deur sy halfbroer Edmund I.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel [1]
Monarge van Engeland
Huis van Wessex: EgbertEthelwulfEthelbaldEthelbertEthelredAlfred die GroteEduard die OuereEthelweardAthelstanEdmund IEdredEdwy die RegverdigeEdgar die VreedsameSint Eduard die MartelaarEthelred IIDenemarke: Sven VurkbaardKnoet die GroteHuis van Wessex (herstel): Ethelred IIEdmund IronsideDenemarke (herstel): Knoet die GroteHarold HaasvoetHartaknoetHuis van Wessex (herstel): Sint Eduard die BelyerHarold GodwinsonEdgar AdelingHuis van Normandië: Willem I die VeroweraarWillem II RufusHendrik IStefanusMatildaHuis van Plantagenêt: Huis van Anjou (Angevyne)Hendrik IIHendrik die Jong KoningRichard IJan Sonder LandHendrik IIIEduard IEduard IIEduard IIIRichard IIHuis van LancasterHendrik IVHendrik VHendrik VIHuis van YorkEduard IVHuis van Lancaster (herstel)Hendrik VIHuis van York (herstel)Eduard IVEduard VRichard IIIHuis van Tudor: Hendrik VIIHendrik VIIIEduard VIJaneMaria IElizabeth IHuis van Stuart: Jakobus IKarel I • (Gemenebes van Engeland) • Huis van Stuart (herstel): Karel IIJakobus IIWillem III van OranjeMaria IIAnna