Boise

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Boise
Cot sky.jpg

Kaart Wapen
IDMap-doton-Boise.PNG
Boise Idaho City Seal.PNG
Vlag
BoiseID.png
 Land Flag of the United States.svg Verenigde State
 Deelstaat Flag of Idaho.svg Idaho
 Koördinate Koördinate: 43°36′N 116°12′W / 43.600°N 116.200°W / 43.600; -116.200
 Gestig op 1863
 Geïnkorporeer op 1864
 Oppervlakte:  
 - Totaal  165.2 vk km
 Hoogte bo seevlak 824 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2007)  202 832
 - Bevolkingsdigtheid  1.218,4//vk km
 - Metropolitaanse gebied  643 350
 Tydsone EST (UTC -7)
Somertyd: PDT (UTC -6)
 Klimaat  
 - Tipe
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur  °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie  °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae mm
 Burgemeester David H. Bieter
 Amptelike Webwerf www.cityofboise.org

Boise is die hoofstad en grootste stad van die Amerikaanse deelstaat van Idaho.[1] Dit is ook die grootste stad tussen Salt Lake City, Utah en Portland, Oregon. Boise is ook die administratiewe sentrum van Ada County. Die stad is in 1863 as 'n dorp gestig en het 'n bevolking van sowat 202 832 (grootstadgebied 643 650).

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die gebied heet al Boise, lank voordat Fort Boise in 1834 hier gebou is. Daar is verskillende stories oor die oorsprong van die naam, maar dit word algemeen aanvaar dat dit van die Franse woord boisée, wat bebos beteken, afkomstig is.[2] Dit fort lê sestig kilometer wes van die huidige stad. Dit is in 1854 agtergelaat, maar die Amerikaanse leër neem in 1863 weer sy intrek, na verskeie voorvalle in die omgewing tydens die Amerikaanse Burgeroorlog.

Vanaf die 1860's begin Boise snel te groei. Op 4 Maart 1863 teken president Abraham Lincoln 'n wet waardeur die Idaho-territorium ontstaan. Lewinston was die eerste hoofstad, maar na die opbreek van die territorium kry Boise die status van hoofstad. Dit bly ook so toe Idaho in 1890 amptelike 'n staat word.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "The name "Boise"" (PDF). Reference Series, no. 32. Idaho State Historical Society. 1971. Besoek op 9 Mei 2016.
Vlag van die Verenigde State Hoofstede van die Verenigde State Seël van die Verenigde State
HoofstedeAlbanyAnnapolisAtlantaAugustaAustinBaton RougeBismarckBoiseBostonCarson CityCharlestonCheyenneColumbiaColumbusConcordDenverDes MoinesDoverFrankfortHarrisburgHartfordHelenaHonoluluIndianapolisJacksonJefferson CityJuneauLansingLincolnLittle RockMadisonMontgomeryMontpelierNashvilleOklahoma CityOlympiaPhoenixPierreProvidenceRaleighRichmondSacramentoSaint PaulSalemSalt Lake CitySanta FeSpringfieldTallahasseeTopekaTrenton